Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[3.35] Wie dus onreg doen, aan hom sal ook die Here eendag sy loon gee wat hy verdien het. Julle sal wel die mense kan mislei, maar die Here kan nie mislei word nie; want voor Hom lê aldag julle harte ontbloot.

[3.36] Maar vir julle werkgewers sê ek ook dit, dat julle wel moet besef, dat die knegte en dienaars ook julle broeders in die Here is; daarom betoon aldag aan hulle, wat daar voor God regverdig is! Gee vir hulle op die regte tyd met liefde in Christus ‘n regverdige loon, en besef, dat ons almal een Here in die hemel het, en dit is Christus, die heilige God van ewigheid!

[3.37] Moet nie van die gebed afwyk nie, en bid met danksegging sonder onderbreking, - maar nie met die lippe nie, maar in die gees en in waarheid met alle eenvoud van julle harte en in waaragtige aandagtigheid in liefde tot Christus die Here!

[3.38] Maar bid ook gelyktydig vir my, sodat die Here vir my aldag die deur van die lewendige woord sal oopmaak, en ek aldag voor julle en voor al die broeders in Christus Sy groot geheim en Sy ryk kan verkondig; want ook ek is nog aan al die wêreld gebind en is ‘n baie gewone mens, wat net dan kan profeteer, wanneer vir hom deur die Here die deur van Sy genade oopgemaak word.

[3.39] Eenvoudig en wys moet julle weë voor en teenoor elkeen wees, - ook teenoor die, wat buite is, teen Jode en heidene! Julle moet niemand oordeel nie - al is hy dan ‘n Skithe, heiden, Jood, Griek of Oergriek -, maar rig julleself met wysheid volgens tyd en omstandighede!

[3.40] Julle woorde moet altyd met liefde teen elkeen gespesery wees en vol sout van ware wysheid uit God wees; uit hierdie wysheid moet julle altyd neem, wat julle met enige een praat, sodat hy kan sien, hoe verskillend die goddelike wysheid in vergelyking met die kennis van die wêreldwyses is.

Desktop Kommentaar