Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[3.32] Dus sê ek ook vir julle knegte en dienaars van julle werkgewers: Wees aan hulle in alle dinge, wat nie teen Christus is nie, gehoorsaam, - maar nie net met oogdienste, om daardeur julle werkgewers te beïndruk nie, maar in die ware eenvoud van die hart en in voortdurende vrees vir God.

[3.33] Maar alles, wat julle vir jul werkgewers doen, dit verrig sodanig, asof julle Christus die Here in alle getrouheid uit julle harte dien - maar nie, asof julle mense dien nie -, dan sal julle ook eendag van Hom die beloning van die heerlikheid ontvang.

[3.34] Maar wie van julle aan sy werkgewer onreg doen, die doen dit ook gelyktydig aan die Here; die Here kyk nie daarna, of iemand werkgewer of kneg is nie, maar alleenlik op die werke en op die oorsprong van die werke.

Desktop Kommentaar