Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[3.28] Maar luister ook, julle vrouens van Laodicea; dit is die wil van die Here, ons God van ewigheid, dat julle volkome aan julle mans in Christus die Here onderdanig moet wees; want in die man het julle die hoof van Christus.

[3.29] Maar julle mans moet julle vrouens volgens ‘n regverdige maatstaf liefhê en moet nie teenoor hulle hart wees nie; maar moet dit nie met die liefde vir julle vrouens te ver voer nie, dat julle as gevolg daarvan die Here kan vergeet, - want die liefde tot die Here moet lewendig wees, asof julle geen vrou het nie.

[3.30] En julle kinders moet volkome gehoorsaam aan julle ouers, in alle dinge wat nie teen Christus is nie, wees; want dit is Sy wil en is vir Hom aangenaam.

[3.31] Julle ouers moet nie die gemoedere van julle kinders deur harde woorde en mishandeling bitter maak nie, sodat hulle nie voor julle sku word en dan as lafhartige kruipers en huigelaars uitdraai nie; want ‘n openlike hardekop kan julle deur liefde sag maak, - maar ‘n huigelaar en vleier is onverbeterlik.

Desktop Kommentaar