Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[3.24] maar nie in ‘n dooie tempel, wat daar niks voor God, die Here en Gewer van die lewe beteken nie, wat alleen op die hart en die vrede daarin kyk!

[3.25] Laat die lewendige woord van Christus in alle liefde en ware, volmaakte wysheid daaruit, ryklik onder julle woon! Leer en vermaan en rig mekaar met allerlei hartlike geestelike dinge en sienswyses,

[3.26] met Psalms van liefde en ander lofliedere en geestelike lieflike liedere op; maar sing in die hart en moet nie ‘n leë geblêr met die mond maak nie, dan sal julle vir die Here meer aangenaam wees, as wat daar is die ydel geblêr van die fariseërs, Jode en heidene, wat daar vir hulle lippe baie werk gee ter wille van die goud, maar hulle harte is daarby kouer as ys!

Desktop Kommentaar