Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[3.18] Nie die tempel, nie die seremonies, nie die priester en nie die biskop, ook nie Paulus en sy dissipels nie; nie die Jode, nie die Grieke, nóg die Joodse besnyding en die voorhuid, nóg die tempel van Salomo nie; dus ook nie die Oergrieke, die Skithe, die heidene, die vrye, die kneg nie; nóg die Sabbat, nóg die nuwemaan, nóg die jubeljaar beteken iets voor God nie, maar alleen Christus is alles in alles!

[3.19] Dus as die uitverkorenes van God, as Sy heiliges en Sy geliefdes, deur die lewendige geloof, deur die liefde, deur hartlike barmhartigheid oor julle broeders, deur vriendskap, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid en alle geduld, moet julle vir Christus aantrek.

[3.20] In al dit verdra die een die ander een, en vergewe julle mekaar van harte, wat daar iemand iets teen ‘n ander een het, en soos julle mekaar vergewe so sal ook ek en die Here vir julle vergewe!

[3.21] Moet nie teenoor mekaar soos die heidene wat daar ‘n eie hof het, klag lê nie, maar wees verdraaglik en duldsaam teenoor mekaar, en besleg julle sake in die hart, dan sal julle voor die Here beter doen, as wat julle alle voorskrifte van Moses, wat moeilik is om te onthou en nog moeiliker is om na te kom, baie noukeurig probeer om na te kom; want aan die voorskrifte van Moses het die Here geen welgevalle nie, maar net alleen aan ‘n rein hart, wat God en die broeder werklik lief het.

Desktop Kommentaar