Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

Hoofstuk 3

[3.1] Ek het vir julle gesê: “Vermy die leuens, want dit is die naaste afstammeling van die Satan!”, omdat julle nou - soos ek dit deur Nymphas gehoor het, en gelyker tyd deur die gees van Christus in my ervaar het - grotendeels in mensgemaakte voorskrifte oorgegaan het.

[3.2] Wat is die tempel dan anders as ‘n mensgemaakte wet, ‘n dooie werk van mensehand, dus ‘n ydele droomwerk, wat daar ook aldag sal vergaan, sodra die oog van die slaap wakker word?!

[3.3] Maar aangesien dit, dit is, dan is dit ‘n leuen, waarin julle julleself begewe, om vir julleself te belieg en te bedrieg, aangesien julle dink, dat julle daardeur God ‘n eer bewys; en God Self belieg julle, wanneer julle meen, dat julle hom daardeur ‘n belangrike offerdiens bewys!

[3.4] Julle dwase! Watter diens wil julle dan vir die Almagtige, wat hemel en aarde reeds vroeër gemaak het, voordat julle nog deur Hom geskep was, gee?! Wat het julle dan, wat julle nie vantevore ontvang het nie; maar indien julle dit ontvang het, wat gee julle voor, asof julle dit dan nie ontvang het nie?!

[3.5] Wil julle daarmee dan die Here ‘n aangename diens bewys, wanneer julle in ‘n tempel, deur mensehand gebou, Hom deur seremonies en rookwerke en deur dooie gebede op lang of breë strepe aanbid?!

[3.6] O sien, hoe ver het ‘n apostel van die Satan vir julle mislei! Is Christus tog, waarin die volheid van die Godheid woon, liggaamlik in die tempel tot die dood veroordeel en het vooraf Self van sy volledige ondergang geprofeteer!

[3.7] Hoe moet Hy daaraan nou ‘n welgevalle hê, waarvoor hy al sy dissipels, soos in die gees ook vir my, baie gewaarsku het, deurdat Hy gesê het: “Wees op julle hoede vir die suurdeeg van die fariseërs en hoëpriesters!”?! En julle wil nou die ou ‘huis van oordeel’, wat voor God ‘n gruwel geword het, tot ‘n woonplek van die Here oprig, sodat julle hom daar veelvoudig kan dood maak!

[3.8] Hoe blind is julle tog en hoe baie het julle na die wêreld oorgegaan, dat julle dit nie op die eerste oogopslag kan raak sien nie!

[3.9] Is dit dan nie genoeg, dat Christus eenmaal vir almal gesterf het en ons almal saam met Hom, sodat ons nog in ons vlees saam met Hom vir die ware herkenning van Sy gees, wat in ons is, en tot die herkenning van die Vader, wat ons reeds lief gehad het nog voordat die wêreld bestaan het, opgestaan het?!

[3.10] Hoe dikwels wil julle Christus nog dood maak, Hom, die alleen ewig lewendige, wat ons almal eenmaal van die dood tot die ewige lewe deur Sy heerlike opstanding opgewek het?!

[3.11] Maar ek, Paulus, sê vir julle: Gaan heen en vernietig die tempel, verwyder die aangewese feesdae uit die kalender, onttroon die valse biskop en sy knegte, wat vir hulle nes hulle van Jerusalem deur die arbeid van julle hande wil vetmes, en het vir hulle ‘n groot kas van yster laat maak, waarin julle spaar goud en silwer gebêre moet word,

[3.12] en verbrand die geborduurde klere, wat nou voor God ‘n gruwel is, - dan sal julle daardeur reeds vir die Here ‘n baie meer aangenamer diens bewys, as wat julle julleself vir ‘n duisend jaar lank in sodanige tempel laat dood maak!

[3.13] Maar as julle dan vir God ‘n welgevalle huis in jul midde wil oprig, dan bou ‘n hospitaal vir die wat siek is, wat lam is, wat melaats is, wat kreupel is, wat blind is en wat doofstom is, en ‘n huis vir arme weduwees en weeskinders, en ‘n huis vir vreemde mense wat verongeluk het, sonder uitsondering, wie hulle ook al mag wees!

[3.14] Neem hulle vreugdevol en met medelye op, en deel julle seën met hulle, soos dit ons Here Jesus Christus vir ons tweemaal gedoen het, waar Hy met sy volle seën duisende wat daar honger was versadig het; dan sal julle Hom, die alleen Heilige, ‘n ware welgevalle diens vir julle heiliging doen.

[3.15] Want Hyself het ten gunste daaroor gepraat, toe Hy gesê het: “Wat julle aan die geringste van hierdie armes doen, dit het julle aan My gedoen!”

[3.16] Maar wanneer Hy Hom dikwels duidelik daaroor uitgespreek het, wat vir Hom ‘n aangename diens is, hoe wil julle dan sodanige diens verrig, wat ‘n gruwel, ‘n walgreuk en pestilensie is?!

[3.17] Maar ‘n hart vol liefde is vir God, die Here in Christus, alleen ‘n welgevalle lewendige tempel en is vir Hom meer aangenaam as ‘n wêreld vol van Salomotempels, wat almal dood is, terwyl die hart lewendig is en vir God en alle broeders kan liefhê! Dus bou van nuuts af hierdie tempel in julle geestelik, en offer aldag daarin vir die Here lewendig!

Geskryf vanaf Rome deur Tychikus en sy vriend Onesimus, wat daar altwee na julle en na die Kolossense gestuur is.

Desktop Kommentaar