Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[2.26] Sou dit dan nie baie slimmer wees, om in die hart as in die maag te vas nie?! Hoe kan julle dan sulke groot dwase wees en vir julle laat vertel, dat dit vir die Here meer aangenaam is, indien iemand ‘n vis wat in olie gelê het eet, as wat hy die vleis van ‘n warmbloedige dier en sy vet pleks van die olie eet?!

[2.27] Maar ek sê vir julle: Eet altyd matig en doelgerig, wat vir julle lekker proe en gesond vir julle liggaam se gesondheid is, en drink wyn met water, soos wat ek dit doen, wanneer ek dit net kan kry, en moet nie ‘n gewete daarvan maak nie, dan sal julle ook wat dit betref reg doen!

[2.28] Want die Here het geen vreugde aan die vas van die maag nie, maar wel aan die vas van die hart; maar in die hart moet julle dag en nag vas, dan sal julle in die gees en in waarheid vas!

[2.29] Maar as julle volgens die geveinste leerstellings van hom, wat voor julle doen, as of hy net nog met een voet op die aarde staan, maar met alles andere al in die hemel is, wil vas, dus vas ook alle heidene wat daar op hulle feesdae die smaaklikste lekkernye eet en is dan daarna meer wellustig as op die gewone dae, waar hulle hul daaglikse kos eet.

[2.30] Aangesien julle nou met Christus opgestaan het, waaroor bekommer julle julle dan, wat daar onder op die wêreld aangaan, en waarvoor probeer julle dan om aan die voorskrifte van die wêreld, wat die werk van mense is, te voldoen?!

[2.31] Soek, wat bo is, aangesien Christus aan die regterkant van die Vader sit, - dit sal vir julle beter wees as al die totaal nuttelose dwaashede van die wêreld!

[2.32] As julle dan in die gees opgewek en met Christus opgestaan het, dan is julle mos van bo, maar nie van onder af nie: dus soek dan ook, wat bo is, maar nie, wat daar onder op die aarde is nie!

[2.33] Want julle het volgens die wêreld gesterf, en julle lewe is met Christus in God geborg.

[2.34] Maar wanneer Christus, wat nou julle lewe is, Hom sal openbaar, dan sal julle ook met Hom in die heerlikheid openbaar word!

[2.35] Maak dus van voor af julle wêreld, wat met baie geledere op aarde is, dood, soos julle liggaam se geledere, en waarmee julle hoerery, onsuiwerheid, skandelike wellus, bose lus, hebsug, jaloesie en suinigheid gedryf het en nou weer wil dryf; maar waarin voortdurend die afgodery van die heidene bestaan.

[2.36] En vermy veral die leuens, want dit is die naaste afstammeling van die Satan! Trek die ou mens uit en die nuwe in Christus aan, wat daar vir die herkenning van Hom hernu word, en dit volgens die ewebeeld van Hom, wat hom gemaak het!”

Desktop Kommentaar