Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[2.15] Want julle almal is dan vir die wêreld en hul voorskrifte met Christus afgestorwe; met watter rede wil julle julle dan nou weer deur voorskrifte van die wêreld laat vang, asof julle nog daarin leef?!

[2.16] Maar die huis van my liewe broer Nymphas het in sy vryheid getrou gebly, soos ek dit vir hom deur Jesus Christus, die Here van ewigheid gegee het.

[2.17] Nymphas het die wolf herken, soos wat ek hom deur die gees van God herken het, wat in my is en my altyd in die verskillende dinge van die enigste regverdige wysheid voor God dryf, trek en onderrig, net soos broer Nymphas.

[2.18] Daarom vermaan ek julle dan ook met die krag en alle geregverdigde ywer in Christus die Here, dat julle tog na Nymphas moet gaan en weer ‘n gemeente met sy huis moet word

[2.19] en moet nie luister na diegene, wat met huigelagtige vrome uitdrukking sê: “Moet nie hieraan raak nie, en moet nie hieraan proe nie, en moet nie daaraan raak nie, en moet nie dit en dat doen nie!”, - wat alles gedurig onder die hande tot niet gaan en as ‘t ware niks as leë mensgemaakte voorskrifte is nie;

[2.20] maar luister, wat ek vir julle uit die gees van Christus, wat in my is, sê, sodat julle weer kan vry word en saam met Jesus Christus waaragtige mede-erfgename aan die ryk van God lewendig in julle, kan word!

[2.21] O broeders, dink, watter nut hulle vir julle kan wees, wie daar die skyn van wysheid het en ‘n selfverkose huigelagtige en geveinste geestelikheid en nederigheid,

[2.22] en wat daar sê: “Wanneer jy vir ‘n vrou kyk, dan het jy alreeds gesondig; wanneer jy onrein kos eet, soos deur Moses verbied, dan is jy vir die hele dag onrein; en wanneer jy aan ‘n heiden raak en met hom meer as drie woorde praat, dan moet jy dit vir die priester van die tempel laat weet, sodat hy jou voor God kan reinig!”, -

[2.23] maar eintlik is hulle vol uitskot en vol suinigheid en hoerery en dryf in die geheim handel met alle heidene en doen alles, sodat hulle geheime vriendskap met hulle tog net nie moet skipbreuk ly nie?!

[2.24] Maar ek sê: Die liggaam benodig sy eie soos die gees, want hy het dan sy behoeftes en sy noodsaaklikhede. Daarom moet julle ook aan hom sy geregverdigde deel gee, wat God vir hom bestem het, en moet geniet wat daar na die mark gebring word, want die liggaam benodig versorging, soos die gees sy vryheid. Daarom wees vry en nie slawe van die blinde dwase van die wêreld nie!

[2.25] Hoe kan iemand van homself goedpraat, indien hy in sy maag gevas het, maar sy hart met bose gedagtes, wense en begeertes aangevul het?!

[2.26] Sou dit dan nie baie slimmer wees, om in die hart as in die maag te vas nie?! Hoe kan julle dan sulke groot dwase wees en vir julle laat vertel, dat dit vir die Here meer aangenaam is, indien iemand ‘n vis wat in olie gelê het eet, as wat hy die vleis van ‘n warmbloedige dier en sy vet pleks van die olie eet?!

[2.27] Maar ek sê vir julle: Eet altyd matig en doelgerig, wat vir julle lekker proe en gesond vir julle liggaam se gesondheid is, en drink wyn met water, soos wat ek dit doen, wanneer ek dit net kan kry, en moet nie ‘n gewete daarvan maak nie, dan sal julle ook wat dit betref reg doen!

[2.28] Want die Here het geen vreugde aan die vas van die maag nie, maar wel aan die vas van die hart; maar in die hart moet julle dag en nag vas, dan sal julle in die gees en in waarheid vas!

[2.29] Maar as julle volgens die geveinste leerstellings van hom, wat voor julle doen, as of hy net nog met een voet op die aarde staan, maar met alles andere al in die hemel is, wil vas, dus vas ook alle heidene wat daar op hulle feesdae die smaaklikste lekkernye eet en is dan daarna meer wellustig as op die gewone dae, waar hulle hul daaglikse kos eet.

[2.30] Aangesien julle nou met Christus opgestaan het, waaroor bekommer julle julle dan, wat daar onder op die wêreld aangaan, en waarvoor probeer julle dan om aan die voorskrifte van die wêreld, wat die werk van mense is, te voldoen?!

[2.31] Soek, wat bo is, aangesien Christus aan die regterkant van die Vader sit, - dit sal vir julle beter wees as al die totaal nuttelose dwaashede van die wêreld!

[2.32] As julle dan in die gees opgewek en met Christus opgestaan het, dan is julle mos van bo, maar nie van onder af nie: dus soek dan ook, wat bo is, maar nie, wat daar onder op die aarde is nie!

[2.33] Want julle het volgens die wêreld gesterf, en julle lewe is met Christus in God geborg.

[2.34] Maar wanneer Christus, wat nou julle lewe is, Hom sal openbaar, dan sal julle ook met Hom in die heerlikheid openbaar word!

[2.35] Maak dus van voor af julle wêreld, wat met baie geledere op aarde is, dood, soos julle liggaam se geledere, en waarmee julle hoerery, onsuiwerheid, skandelike wellus, bose lus, hebsug, jaloesie en suinigheid gedryf het en nou weer wil dryf; maar waarin voortdurend die afgodery van die heidene bestaan.

[2.36] En vermy veral die leuens, want dit is die naaste afstammeling van die Satan! Trek die ou mens uit en die nuwe in Christus aan, wat daar vir die herkenning van Hom hernu word, en dit volgens die ewebeeld van Hom, wat hom gemaak het!”

Desktop Kommentaar