Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

Hoofstuk 2

[2.1] Laat julle dus van niemand meer ‘n gewete maak nie, hetsy deur ‘n onberoepe biskop en priester, nóg deur ‘n feesdag, nóg deur die ou Sabbat en nuwemaan,

[2.2] nóg deur ‘n Tempel, nóg deur ‘n offerseremonie en geborduurde klere en net so min deur spys en drank!

[2.3] Eet en drink matig, - dit is goed vir gees, siel en liggaam en is vir die Here aangenaam;

[2.4] maar indien iemand sê en leer en begeer: “Hierdie en daardie kossoorte mag nie geëet word nie, aangesien dit volgens Moses onrein is!” -

[2.5] dan sê ek daarteen: Moses en die profete is in Christus vervul en bevry; maar vir ons het die Here geen soorte kos verbied nie, waar Hyself met sondaars en tollenaars geëet en gedrink het

[2.6] en uitgeroep het: “Wat jy eet, veronreinig jou nie; maar wat daar uit jou hart kom - as: bose praatjies, suinigheid, jaloesie, doodslag, toorn, vraatsug, swelgery, hoerery, egbreuk en dies meer - , dit is, wat nog altyd die mens veronreinig het!”

Desktop Kommentaar