Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[1.52] Hy sal haar onmiddelik uit sy hart en uit sy mond verwyder, en sal voortaan nie meer vir haar kyk nie, en al sou sy ook in die grootste nood beland!

[1.53] Dieselfde sal ook die Here met julle doen; want Hy het ‘n nuwe, lewendige tempel in julle harte opgerig, waar julle vir Hom moet wag; maar julle versmaai die tempel, daardie heilige vertrek, en hardloop op grond van wêreldse wellus na die vensters van die oordeel en wil daar wellustigheid met die wêreld pleeg, weens die goud, die aansien en weens die heerssugtigheid en omdat julle dit begeer!

[1.54] Maar ek sê vir julle: Die Here sal Hom onttrek en sal julle in alle hoerery laat oorgaan, na die ou oordeel en na die ou dood, indien julle nie onmiddelik sal omkeer en heeltemal julle selfverkose geestelikheid, julle tempel, julle feesdae en julle borduurde klere laat vaar nie; want dit alles is voor die Here ‘n gruwel nes ‘n wellustige minnares, wat daar in haar hart erger is as tien hoere van Babel. -

Desktop Kommentaar