Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[1.50] En as sy hom sien, dan sal sy vir hom deur die los gloed van haar oë wys, wat sy wil hê, en sal in haar begeerte tienvoudig meer met hom sondig as ‘n hoer in die bed van skande met haar minnaars.

[1.51] O sien, julle Laodicense, dit is julle beeld! - Maar weet julle, wat die redelik werwende bruidegom aan sodanige minnares sal doen, indien hy voor haar huis verby stap en haar skandelike wellustigheid sien?

[1.52] Hy sal haar onmiddelik uit sy hart en uit sy mond verwyder, en sal voortaan nie meer vir haar kyk nie, en al sou sy ook in die grootste nood beland!

Desktop Kommentaar