Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[1.49] Sal sy nie in haar kamer, deur vleeslus gedryf, op en af hardloop nie en sal dan by die een venster en dan weer by die ander venster haar liggaam uitsteek en sal haar wellustige oë na alle kante rig, om vir hom, wat het waarvoor haar vlees brand en lus, op te spoor?!

[1.50] En as sy hom sien, dan sal sy vir hom deur die los gloed van haar oë wys, wat sy wil hê, en sal in haar begeerte tienvoudig meer met hom sondig as ‘n hoer in die bed van skande met haar minnaars.

[1.51] O sien, julle Laodicense, dit is julle beeld! - Maar weet julle, wat die redelik werwende bruidegom aan sodanige minnares sal doen, indien hy voor haar huis verby stap en haar skandelike wellustigheid sien?

Desktop Kommentaar