Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[1.39] Maar ek smeek julle ter wille van julle ewige lewe: laat vaar dit, wat die ou gevangenskap van Babel vir al die Jode as ‘n harde erfenis agtergelaat het!

[1.40] Sien: Babel, die groot hoer van die wêreld, is deur die Here vernietig; want sy het baie volkere die dood gegee! Maar wat sal julle wen, indien julle uit Laodicea ‘n nuwe Babel wil oprig?! Daarom laat vaar dit, wat die gruwel van verwoesting opnuut nader sal bring, - waarvan Daniel geprofeteer het, toe hy by die heilige plek gestaan het!

[1.41] Maar Christus het vir julle lewendig gemaak, daar waar julle in jul sondes en in die voorhuid van julle vlees dood was, en het vir julle alle sondes, wat julle nog altyd in die tempel en in julle voorhuid begaan het, vergewe.

Desktop Kommentaar