Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[1.38] Maar wat is die nut vir my en julle van my leerstellings, wat die Evangelie van God, indien julle julle vrywillig weer na die ou dood wil begewe?!

[1.39] Maar ek smeek julle ter wille van julle ewige lewe: laat vaar dit, wat die ou gevangenskap van Babel vir al die Jode as ‘n harde erfenis agtergelaat het!

[1.40] Sien: Babel, die groot hoer van die wêreld, is deur die Here vernietig; want sy het baie volkere die dood gegee! Maar wat sal julle wen, indien julle uit Laodicea ‘n nuwe Babel wil oprig?! Daarom laat vaar dit, wat die gruwel van verwoesting opnuut nader sal bring, - waarvan Daniel geprofeteer het, toe hy by die heilige plek gestaan het!

[1.41] Maar Christus het vir julle lewendig gemaak, daar waar julle in jul sondes en in die voorhuid van julle vlees dood was, en het vir julle alle sondes, wat julle nog altyd in die tempel en in julle voorhuid begaan het, vergewe.

[1.42] Hy het die bloedige handskrif wat daar teen ons almal was en wat daar deur wêreldse voorskrifte ontstaan het, verdelg en ons name was met daardie skrif in die boek van die wêreld, in die boek van oordeel en in die boek van die dood geskryf, deurdat Hy dit aan die kruis opgehang het.

[1.43] Maar waarom wil julle nou hierdie deur God Self verdelgte, aan die kruis van die oordeel, van smaad, die vloek, die dood opgehangde bloedskrif weer afhaal en julle name in Christus verruil vir die oue, wat met bloed in die boek van die oordeel geskryf was?

Desktop Kommentaar