[1.21] “Luister broeders! God is Een, en Christus is Een; want waar daar net een God is, daar is ook net een Christus. Watter onderskeid sal dan daar wees tussen God en Christus? - God is die Liefde, en Christus is die wysheid in God of die lig, die waarheid, die weg en die ewige lewe! [1.22] In Christus woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik, en ons is volmaak - in Hom; want Hy is die rede en die hoof van alle heerlikheid, alle mag en krag, alle owerhede van die wêreld, en is ‘n vors van alle vorstenskappe op aarde.”
|