Help

jakob-lorber.cc

Die Jeug van Jesus

Die nuwe voorhangsel in die tempel – Maria se werk aan die voorhangsel

[2.1] In die tyd was daar `n voorhangsel in die tempel nodig om, daar die oue hier en daar al baie verweer was, wat beskadiging aan die oog ontlok.

[2.2] Die priesters het met mekaar oorleg gehou en gesê: 'Laat ons in die tempel van die Heer `n voorhangsel maak om die beskadigde een te bedek.

[2.3] Want die Heer kan immers vandag of môre kom, soos daar geskryf staan! Hoe sou ons dan voor Hom staan, indien Hy die tempel so deur ons verwaarloos sou aantref?!'

[2.4] Die hoofpriester sê egter: 'Oordeel tog nie so blind nie, asof die Heer, wie se heiligdom in die tempel is, nie sou weet, hoe dit met die tempel gesteld is nie!

[2.5] Roep nietemin sewe onbevlekte maagde uit die stam van Dawid op, dan sal ons deur `n loting laat bepaal hoe die werk verdeel moet word!'

[2.6] Die dienaars het nou uitgegaan om die maagde uit die stam van Dawid te soek, maar net ses meisies daarvan kon die goedkeuring van die hoëpriester wegdra.

[2.7] Hy het homself egter daaraan herinner, dat Maria, wat eers enkele weke gelede onder Josef se sorg gestel was, ook uit die stam van Dawid was en hy het dit onmiddellik aan die dienaars laat meedeel.

[2.8] Dadelik het die dienaars daarop uitgegaan om dit aan Josef mee te deel. Hy het, begelei deur die tempeldienaars, Maria weer terug na die tempel gebring.

[2.9] Toe die meisies in die voorhof versamel was, het die hoëpriester dadelik gekom en hulle almal in die tempel van die Heer binnegelei.

[2.10] Toe hulle byeen was in die tempel van die Heer, het die hoëpriester dadelik die woord geneem en gesê:

[2.11] 'Luister, jong meisies uit die stam van Dawid, wat volgens JaHWeH se wil bepaal het, dat die fyn werk aan die voorhangsel, wat die Allerheiligste skei van die res van die tempel, altyd deur die maagde uit Sy stam vervaardig moet word,

[2.12] volgens Sy testament moet die menigvuldige werk deur uitloting verdeel word en dan moet elke meisie die werk wat aan haar opgedra is, na gelang van haar vaardigheid so goed as moontlik vervaardig word!

[2.13] Kyk, daar voor julle hang die verweerde voorhangsel en hier op die goue tafel lê die verskillende materiale al gereed vir bewerking.

[2.14] Julle sien dat die werk regtig nodig is; laat ons dus maar dadelik gaan loot, sodat dit dan sal blyk wie van julle die gouddraad moet gaan spin, wie die amiant*,

[2.15] en wie die katoendrade, die sydrade, die hiasintkleurige, die skarlaken en die egte purper.' * (Fyn, buigsame asbesvesels)

[2.16] Skugter het die meisies hulle lootjies getrek, terwyl die hoëpriester vir hulle gebid het. Toe hulle volgens die voorskrifte geloot het, was dit duidelik hoe die take verdeel moes word.

[2.17] Aan Maria, die dogter van Anna en Joachim, het deur die loting die skarlaken en die suiwer purper toegeval.

[2.18] Die meisie het God vir hierdie barmhartige toewysing en toedeling van so `n roemryke werk tot Sy eer gedank, die werk opgeneem en het daarmee, begelei deur Josef , weer huis toe gegaan.

[2.19] Daar aangekom, gaan Maria dadelik welmoedig aan die werk. Josef het haar aangeraai om ywerig te werk, haar geseën en toe dadelik weer terug na die huis gegaan, waaraan hy gebou het.

[2.20] Dit alles het in dieselfde tyd plaasgevind dat Sagaria, wat in die tempel die rookoffer versorg het, vanweë sy ongeloof met stomheid geslaan is. Daarom is daar in sy plek `n plaasvervanger aangestel, onder wie se leiding die loting vir hierdie werk gehou is. (Lukas. 1:20).

[2.21] Maria, wat sowel met Sagaria as met sy plaasvervanger verwant was, word daardeur tot dubbele ywer aangespoor, om werklik spoedig, ja indien moontlik eerste, met haar taak klaar te wees.

[2.22] Sy het haar vlyt egter geensins uit eersug verdubbel nie, maar alleenlik om God die Heer daardeur `n egte groot vreugde mee te berei deur haar taak so goed en so vinnig as moontlik klaar te maak.

[2.23] Sy het eers aan die skarlaken begin; wat met groot oplettendheid gespin moes word om die dikte van die draad so gelykmatig moontlik te kry.

[2.24] Maria het die skarlakendrade met groot bekwaamheid gespin, sodat elkeen wat Josef se huis besoek het, uiters verbaas was oor die buitengewone vaardigheid van Maria.

[2.25] In net drie dae was Maria al met die skarlaken klaar, waarna sy dadelik aan die purper begin werk het. Maar omdat sy dit telkens moes bevogtig, moes sy tydens die werk dikwels met die kruik na buite gaan om water te gaan haal.

Desktop Kommentaar