Die Jeug van Jesus |
MARIA RAAK IN DIE TEMPEL VERLOOF Die beroep van Josef - Maria word in die tempel verloof – JaHWeH se getuienis oor Josef – Josef se gebed - Maria in Josef se gesin opgeneem [1.1] In die tyd was Josef besig om `n huis te bou in die streek tussen Nasaret en Jerusalem. [1.2] `n Vooraanstaande burger van Jerusalem het die huis daar laat bou as herberg, omdat ander Nasareners tot aan Jerusalem andersins geen onderdak gehad het nie. [1.3] Maria, wat in die tempel opgevoed is, het volwasse geword en volgens die wet van Moses was dit noodsaaklik, dat sy die tempel moes verlaat. [1.4] Daarom is daar na alle plekke in Judea boodskappers uitgestuur om dit bekend te maak, sodat die oudstes sou kom om te besluit, of daar iemand waardig sou bevind word, wat die meisie in sy gesin sou kon opneem. [1.5] Nadat die berig ook Josef ter ore gekom het, het hy sy gereedskap dadelik neergelê en hom na Jerusalem gehaas, waar hy homself begeef het na die voorgestelde plek van vergadering in oorleg met die tempel. [1.6] Toe diegene wat hulself aangemeld het, na verloop van drie dae opnuut op die bestemde plek byeengekom het en elk van hulle, wat Maria wou opneem, aan die priester, soos ooreengekom, `n vars tak lelies oorhandig het, gaan die priester dadelik met die takke in die binneste van die tempel om daar te bid. [1.7] Toe hy sy gebed beëindig het, kom hy weer met die takke na buite en gee elkeen weer sy eie tak terug. [1.8] Alle takke word dadelik vol vlekke; alleen die as laaste tak wat aan Josef oorhandig is, het vars en onberispelik gebly. [1.9] Enkeles het egter hul ontevredenheid daaroor uitgespreek en het hierdie toets partydig en dus ongeldig genoem! Hulle eis `n ander toets, waarby niks snaaks sou kon voorkom nie. [1.10] Die Priester, hierdeur ietwat geïrriteerd, het nou onmiddellik vir Maria laat haal, aan haar `n duif in die hand gegee en haar versoek om in die kring van die vergadering te gaan staan, sodat sy daar self die duif vry sou laat vlieg, [1.11] Maar voordat sy die duif losgelaat het, praat hy met die aansoekers: 'Kyk, julle valse uitlêers van die tekens van JaHWeH! Hierdie duif is `n onskuldige en suiwer dier en luister nie na ons besprekings nie, |
Desktop Kommentaar | |