Help

jakob-lorber.cc

Die Jeug van Jesus

INLEIDING

Deur die Heer Self meegedeel in die periode van 22 Julie 1843 tot 9 Mei 1851, as voorwoord tot die geskiedenis van Sy jeug en wel deur dieselfde spreekbuis wat Hy vir die weergawe van die werk uitverkies het.

[0.1] 1. Ek leef destyds tot My dertigste jaar net soos elke ander welopgevoede jong seun, jongman en man geleef het; ook moes Ek deur My lewenswandel My rig volgens die wet van Moses en sodoende die goddelikheid in My eers opwek, net soos elke mens My in homself moet opwek.

[0.2] So goed as elke ander normale mens, moes ook Ek self begin om aan `n God te glo, waarna Ek Hom in alle denkbare selfverloëning steeds meer en meer moes omhels het en met steeds sterker wordende liefde My aldus geleidelik en volkome aan die goddelikheid moes onderwerp het.

Desktop Kommentaar