Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

HOOFSTUK 24

[2.24.1] Nadat die ietwat te veel nuuskieriges tevrede gestel was en ook Ghemela weer aan die sy van Lamech was, soos Purista in die middel by haar van vreugde bewende ouers, toe het die hoë Abedam vir Henoch na Hom toe laat kom en het vir hom gesê:

[2.24.2] "Luister, jy, My geliefde, vroomste Henoch! Ek sien ‘n vrees in jou hart, en ‘n skaduwee wat vir jou bang maak sluip alreeds vir ‘n geruime tyd om jou ewig onsterflike hart, net soos daar ‘n los, broeiryp vlieg met die steekslurp ‘n gesonde, vars appel aan die boom ondersoek, om te kyk waar sy die skil van die gesonde vrug kan deurboor, om ‘n bose werpsel van haar los geslag in die vlees van die vrug te stoot, sodat hy daar moet knaag en verkieslik die lewe van die vrug moet vernietig.

[2.24.3] Sien, wat was die nut van sodanige vrug? Vir watter doel moet die vrye hart angstig wees?

[2.24.4] Jy, as hoëpriester van My liefde, barmhartigheid en genade, moet van My voor die volk ‘n toespraak hou.

[2.24.5] Sien, dit was mos al lankal die vrome wens van Adam, nog voor Ek wesenlik na julle toe gekom het!

[2.24.6] Ek het nou vir jou, soos voorheen, lewendig bevestig en het vir jou gister en vandag daarvan gesê, sodat jy net nie daaroor bekommerd moet wees, waaroor jy moet praat nie; want Ek sal dit vir jou in die oomblik wanneer jy dit nodig het, getrou gee, wat jy moet praat, woord vir woord. En sien, desnieteenstaande is jy nog steeds bang!

[2.24.7] Kan jy dan nie insien, hoe belaglik sodanige vrees is nie?! Vir My kan jy mos onmoontlik meer vrees nie; want jy weet dit mos en het dit voorheen nog altyd uit My geweet, dat Ek die allerhoogste liefde Self is.

[2.24.8] Maar jy weet ook, dat Ek uit die grond van My hart nederig, uiters sagmoedig, mild, lankmoedig en uiters geduldig is!

[2.24.9] Wat vrees jy dan? Dalk jou vaders, jou broeders of jou kinders? Sien, dit is ydel van jou! Jy laat jou in die geheim bedruk en sê vir jouself: ‘Hoe sal ek bestaan, as ek tog nog die ooreengekome Sabbattoespraak aan die volk moet rig, en dit daarby nog in die onmiddellike teenwoordigheid van die Here van Ewigheid en almagtigste Skepper van die oneindigheid, - in die mees helderste teenwoordigheid van die allerhoogste wysheid van die heiligste, liefde-, genade- en barmhartigheidsvolste Vader Self?!

[2.24.10] Hoe sal nou my armsalige woord lyk na die heiligste, mees wesenlike, lewendigste woorde, wat almal tot dusver uit die allerheiligste mond nes ‘n eindelose ligstroom na ons mees armsalige wurms in die stof der stowwe gevloei het?!'

[2.24.11] Sien, is dit nie jou eie dromery nie?! - Watter nut het dit? Dalk die lewe? - Sien en verstaan: Jy hoef tog sekerlik nie meer bekommerd te wees oor die lewe nie! Glo jy dan, dat dit vir My aangenaam sal wees, as jy swyg en Ek praat in jou plek?

[2.24.12] Ek sê vir jou: Sulke nederigheid behaag My nie, as jy voor My moedeloos word en raak bang vir My ore en is bang vir My oë.

[2.24.13] Maar Ek het wel die grootste welgevalle aan sodanige gedrag, wat dieselfde is as die gedragswyse van die klein kinders, wat daar geen angs en vrees vir hulle ouers het nie, maar is altyd vol van goeie moed en praat en skree aaneen voor hulle ouers, asof hulle die base in die huis sou wees; maar wanneer hulle honger en dors raak, dan loop hulle tog in alle kinderlike liefde en onderdanigheid na die ouers en vra hulle om brood, en as hulle die brood uit die hande van die ouers ontvang het, dan dank hulle vir die ouers meer deur die vrolike en opgewekte genot daarvan as deur ‘n te oordrewe eerbied en angs vir hulle en daarby met ‘n baie arms lang maar niksseggende woord van dank!

[2.24.14] Of is dit nie vir elke Vader liewer en vir elke moeder onuitspreeklik meer aangenaam, as die kinders voor hulle die gawes wat hulle ontvang met vrolike gemoed geniet en lyk daarby gesond en vars soos ‘n blommetjie na ‘n verkwikkende reën, in plek daarvan dat die kinders van te veel vrees, angs en uiterste hoogagting bewend voor die aangesig van hulle ouers staan, as die' vir hulle in liefde die brood gee, maar hulle dit nogtans nie waag, om die brood te neem nie en nog minder om dit te geniet van te veel oordrewe eerbied vir die ouers, en lyk daarby soos ‘n verwelkte gras, wat met swak wortels uit ‘n nou rotsspleet gegroei het?!

[2.24.15] Sien, is dit nie ook ‘n dwaasheid nie! - Maar daarin bestaan die reël van die liefde en alle wysheid daaruit; vir hom wat beperk is, moet alles in die regte perke gehou word; want dit wat onbeperk is, is vir die beperkte die dood.

[2.24.16] Jy kan nie vir My as God lief wees nie, maar net as ‘n mens; want watter eindige bors sou in staat wees om die oneindige God te kan verdra, wie die eindelose vuur van die goddelike liefde, watter eindig geskape gees die eindelose volheid van die goddelike wysheid?!

[2.24.17] Watter kind kan sy moeder met dieselfde liefde terug liefhê, as wat die moeder lief is vir die kind? En sou hy dit met sy geringe krag kon regkry, wat sou dan binnekort van die kind word?

[2.24.18] En tog sou daar net een beperktheid met ‘n ander te doen hê; maar wat moet eers dan daarvan word, wanneer die beperktheid die oneindigheid in elke opsig in hom wil opneem!

[2.24.19] Sien, Henoch, daarom is jou vrees ydel, en leeg jou angs! Wie vir My met al sy aan hom gegewe kragte liefhet, die doen genoeg, want hy het die' aan hom toegedeelde maat vervul; maar daarvoor is geen vrees of angs nodig nie.

[2.24.20] ‘n Boom is ‘n goeie boom, as hy jaarliks sy takke met soet vrugte vul; watter dwaasheid sou dit wees, van daardie boom te verlang, dat hy die hele aarde ryklik met sy vrugte moet voorsien!

[2.24.21] Daarom wees jy net vol vrolike moed, en vervul My wil, dan sal Ek volkome met jou tevrede wees!

[2.24.22] Moet nie probeer, om vir My eindeloos te vrede te stel nie - wat selfs vir die hoogs geskape gees onmoontlik is -, maar net volgens jou beperkte kragte, sodat die' aan jou gegewe maat moet vol word; vir die oneindige egter laat net vir My, jou goeie Vader, sorg!

[2.24.23] Maar die ooreengekome toespraak is deel van jou maat; daarom rig jouself met moed op, en in My naam, maak jou mond voor al die aanwesiges oop. Amen."

Desktop Kommentaar