Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 9: Die oordeel van die Here

[1.9.1] En sien, toe het die ewige Liefde deur die mag en krag van Haar barmhartigheid die hand van mag en die hand van krag van Haar oë van die alles verhelderende genade, weggetrek, en die lig van genade het wesenlik in die grot, waar Adam geween het, en agter die doringbos, daar waar Eva getreur het, gedring.

[1.9.2] En die trane van Adam - was in die skoot van die aarde bewaar - en was genoem en word genoem ‘Thummim’ of stene, waaruit die lig van die sewe Geeste van God figuurlik straal, en het deur die lig van genade uit die warmte van die Liefde geset, nes sy regverdige berou as blywende teken van die toekomstige wedergeboorte, soos dit volgens hierdie trane van Adam moet wees, geskik vir die opname en gedeelde mooiste weerkaatsing van die groot lig uit die genademeer van barmhartigheid van die ewige Liefde en moet die volle hardheid van versoekinge van die wêreld kan weerstaan.

[1.9.3] En die trane van Eva wat treur, is in die aarde agter die doringbos bewaar en is gekleur volgens die blos van haar regverdige skaamte deur die misbruik van die heilige Liefde van Adam in haar, gekleur.

[1.9.4] En die ewige Liefde het gesien, dat elke traan van Eva voor Adam, die seun van die barmhartige Liefde, geregverdig was; en die warmte van die ewige Liefde het die trane tot stene geset, en die naam was ‘Urim’, as ‘n sinnebeeldige teken van die regverdige treur van Eva. En sien, ‘n traan het op die doringbos wat haar afgeskerm het, geval, en sien, die’ traan was ‘n gevolg van die verlore onskuld en het die andersins wit blommetjie van die struik gekleur; en die blomme was rooi gekleur as teken van die verlore onskuld van Eva. En nou sien, soos die mense nou al die gewasse van die aarde ken, - maar die ware betekenis in gees en waarheid ken hulle nie, en sal dit ook tot die wedergeboorte nie ken en begryp nie, wanneer hulle die barmhartigheid van die ewige Liefde deur die genade van verlossing in hulle, hulle eie gemaak het.

[1.9.5] En nou sien nog ‘n geheim, wat as gevolg van die sondige hoogmoed van die kinders van die wêreld, begryp moet word! En sien, twee blomme van die struik was deur die onskuldig geregverdigde traan van Eva bevrug, en het die seën van die ewige Liefde deur die stormagtige tye gedurende die groot oorloë van Jehova met die volkere van die aarde, getrou bewaar, en het tydens die loslating van die genade van bo die vrou van Abraham lewendig gemaak, as voorbeeld van die groot werke van die barmhartige Liefde, en het die vrou van Zacharias lewendig gemaak as die werklike voltooiing van die grootste van alle dade van die barmhartige Liefde van die ewige God.

[1.9.6] En nou keer jou oë weer terug na Adam en na Eva, en kom soek hulle saam met My, en kyk, hoe Ek, die ewige Liefde, hulle gevind het, naak, verlate, huilend en treurend in regverdige berou en regverdige skaamte, en roep vir Adam en trek vir Eva na vore.

[1.9.7] En sien, hulle het nie die moed gehad, om die aangesig van hulle Vader te aanskou nie; want hulle was deur ‘n groot donderslag van die dodelike oordeel uit die diepte van die grimmigheid van die Godheid, verskrik.

[1.9.8] En die toornvlamme van God, die Oneindige, het deur alle eindelose ruimtes vreesaanjaend tot op die aarde gerol, waarop die groot Liefde nou by haar gevalle kinders vol berou en treur, en wat deur haar barmhartige genade geskep was, gestaan het.

[1.9.9] En sien, toe kom dit tot ‘n hete geveg tussen die ewige Liefde wat deur die berou en treur van die skepsels barmhartig geword het en tussen die grimmigheid van die Godheid wat alles ter versoening van Haar onomkoopbare heiligheid, wil vernietig.

[1.9.10] Want sien, die toornvlamme van die grimmigheid van die Godheid, het vinniger as weerlig op die aarde neergestort, het tot in die middel daarvan gedring en het dit in en aan alle oorde en plekke ontsteek, en die verterende vlamme het tot by die maan, tot by die son gedring, - ja ook alle sterre was omsluit! En sien, toe was die hele, onmeetbare oneindigheid ‘n meer van vuur, en vreeslike donderslae het deur alle eindelose ruimtes gerol, en die aarde het geween, en die see het gewoed, en die maan het gehuil, en die son het weeklaag, en alle sterre het, gedruk deur te groot angs van smart vir ewige vernietiging, harder as die donderslae geskree en hul groot stemme het vreesaanjaend dreunend uit die eindelose dieptes van die grimmigheid van die Godheid weerklink, en die stemme het geroep:

Desktop Kommentaar