Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

En nou sien, soos wat hy homself so herken het en die verblinde Eva deur hom, het daar uit die diepte van sy hart ‘n groot berou in hom opgekom, en Eva het vir haar naaktheid en die naaktheid van Adam skaam gekry en was van kroon tot voetsole verleë en het haar naaktheid met blare van ‘n vyeboom bedek. En ook Adam het sy hande na blare gerek, om sy kaalheid te bedek en het homself in ‘n grot verberg en het daar trane van groot smart gehuil; en Eva het agter ‘n doringbos weggekruip en het diep oor haar skuld van verleiding getreur. – Die Huishouding van God, Boek 1, Hoofstuk 8, Paragraaf 12

Desktop Kommentaar