Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.7.9] En nou let op: Hierdie Adam was in die plek van die eerste van die gevallene geeste; dit was nie vir hom te kenne gegee, wie hy was nie, en sien, hy het daar verveeld geraak, aangesien hy homself nie erken het en ook niks kon vind, wat gelyk aan hom was nie.

[1.7.10] En sien, toe het die ewige Liefde onsigbaar, sy nog blinde oë van die siel, aangewaai, en hy het vir die eerste keer in die lieftalligheid van die barmhartige Liefde aan die slaap geraak. En die lieftalligheid van die barmhartige Liefde het in die hart van Adam nes ‘n soet droom, ‘n figuur gevorm, wat gelyk aan hom was en van groot lieftalligheid en net so groot skoonheid was.

Desktop Kommentaar