Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.7.5] En sien, toe het dit op aarde en in alle ruimtes van die oneindigheid van God rustig geword, en die ewige Liefde het vir die eerste keer volledig tot op die aarde gedaal, en het met Haar almag en krag oor die vlaktes van die aarde heen geblaas, en die asem was ‘n ontelbare volheid van gedagtes in lewendige vorms van alle soorte, vir die toekomstige verlossing van die verlorenes.

[1.7.6] En sien, toe het uit die vaste aarde, kruie, plante, struike en bome van alle soorte, en die mere, seë, strome, riviere, spruite en fonteine was vol van wurms, visse en diere van alle soort; en die lug het met voëls van alle soorte lewendig geword. En die getal van elke soort, sowel in die waters as ook op die vaste land en in die lug, was gelyk aan die getal van die mens, wat uit hierdie getal gemaak is, en was gelyk aan die getal van genade van die Liefde en was gelyk aan die getal van die toekomstige verlossing en die daaruit voortspruitende ontstaan van die wedergeboorte.

Desktop Kommentaar