Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

En sien en luister verder: Die aarde het goed gevoel; want sy was met die liefde van barmhartigheid vervul en het haar liefling, die maan, vrolik om haar sien wentel. En die Liefde het haar wye bors met die asem van barmhartigheid gevul, asof sy vir die kind nog ‘n keer haar bors vol van genademelk wil gee; maar sien, die melk het deur die warmte van die barmhartige Liefde dik geword en het in vaste grond verander en bokant die seë uitgereik. En die seë het teruggesak na die dieptes en was soos die water, wat by die dik-word van melk, afgesonder word, ter versagting van die inwonende grimmigheid, deur die sout van genade en deur die barmhartigheid van die Liefde uit God in alle mag en krag. – Die Huishouding van God, Boek 1, Hoofstuk 7, Paragraaf 4

Desktop Kommentaar