Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.7.2] En sien en luister: So was daar nou die aarde, en was daar die maan, en was daar die son, en was daar die sterre; maar die aarde was nog kaal, en die oppervlakte was nes die oppervlakte van die see. En oor die waters het digte wolke gelê en het diep tot die dooie ruimtes van die wêrelde gestrek, en die lig van die son kon nie die druppel van barmhartigheid verhelder nie. En die maan was deur die dynserigheid van die druppel bedek, en in hierdie dynserigheid was eers ten volle die aarde gebore en was die maan gevoed. En die son het oor beide, met die strale van lig uit die warmte van die liefde in God, gelê, soos ‘n hen oor haar kuikens, en het die aarde ryp gemaak en is die maan van die bors van sy moeder geskei.

[1.7.3] Toe die groot wolkmassas gebreek en tot rus op die pole gedaal het, en die gordel van die aarde vry was, en die son haarself in die waters gesien het, en die aarde die lig wat sy dankbaar ontvang het, na die wye skoot van die son terug gestraal het, het sy met wye oop oë die maan aanskou, wat in die uitgaande strale van genade van die ewige liefde uit die son, gebad het.

[1.7.4] En sien en luister verder: Die aarde het goed gevoel; want sy was met die liefde van barmhartigheid vervul en het haar liefling, die maan, vrolik om haar sien wentel. En die Liefde het haar wye bors met die asem van barmhartigheid gevul, asof sy vir die kind nog ‘n keer haar bors vol van genademelk wil gee; maar sien, die melk het deur die warmte van die barmhartige Liefde dik geword en het in vaste grond verander en bokant die seë uitgereik. En die seë het teruggesak na die dieptes en was soos die water, wat by die dik-word van melk, afgesonder word, ter versagting van die inwonende grimmigheid, deur die sout van genade en deur die barmhartigheid van die Liefde uit God in alle mag en krag.

Desktop Kommentaar