Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 6: Die betekenis van die sterre

[1.6.1] Nou lig jou oë van die aarde af op na die son, wat ‘n getroue afbeeld van die wedergeborene is! Kyk mooi, en jy sal gewaar, dat daar soms vlekke op sy gordel voorkom. Sien, volgens die natuur, soos julle sê, is dit uitbarstings van binne af, nes die vulkane op aarde en is ooreenkomstig uitbarstings van die grimmigheid van die Godheid en klein spore van Sy alles vernietigende mag, wat in die natuur op die aardes altyd deur groot of klein donderstorms, afhangende van die grootte van die vlekke, gedeeltelik tot uiting kom; tog word die Liefde dan altyd al hoe meer aktief en versag alles weer met water van barmhartigheid en op die son met groot stormvloede uit die oewerlose meer van haar barmhartige genade. En sien, so word alles weer in die grootste orde gebring, en buite hierdie orde, waarin Ek, die ewige Liefde, van ewigheid der ewighede Self is, en waaruit en waarin alles, wat bestaan, gemaak is, kan niks bestaan nóg ontstaan nie; en wie met sy vryheid uit hierdie orde wil tree, die handel teen die Liefde en teen die lewe en sal ten gronde gaan vir ewig.

[1.6.2] Jy het nou die son gesien en dit begryp volgens die natuur, wat eenvoudig is en moet wees, sodat dit kan bestaan vir die doel, waarvoor dit daar is en uit die orde van die Liefde moet wees.

[1.6.3] Nou trek jou oog af tot die wedergeboorte van die gees, en na die volk van God, en tot die wet van die Liefde, en tot die lewe van vryheid in die lig van genade uit die waters van die barmhartigheid, en die son sal onthul voor jou oë sweef, en geen vou daarin moet vir jou verborge bly nie!

[1.6.4] Maar sien, ook die son het sy pole, waaruit al die lig en die warmte uit die sentrum van rus van genade oor die volle omtrek uitgegiet word; en sou sy nie die rus van die pole gehad het nie, dan sou sy ook geen lig gehad het nie. Want sien, die rus is vir die opname van lig en warmte onontbeerlik nodig en moet gelyk wees met die rus van die Liefde in God; net uit rus kom die ontvanklikheid vir die lewe en die lig.

[1.6.5] En sien, wanneer die lug rustig is, dan is dit ook suiwer en vrolik op die aarde; waai egter sterk winde in verskillende rigtings, dan kom vinnig swart wolke op en verdonker die lig.

[1.6.6] Julle begeertes is nes die winde, waardeur julle van alle soort sorge omring word, wat verhinder dat die lig van genade in julle vloei, nes die wolke, wat deur winde aangewaai word en verhinder dat die strale van die son, op die aarde val.

[1.6.7] Daarom moet julle julle nie bekommer nie, maar al julle begeertes en die sorge wat daaruit onstaan, moet julle op My rig en aan My oordra, sodat julle kan rus kry en Ek bestendig in julle kan vloei.

Desktop Kommentaar