Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 6: Die betekenis van die sterre

[1.6.1] Nou lig jou oë van die aarde af op na die son, wat ‘n getroue afbeeld van die wedergeborene is! Kyk mooi, en jy sal gewaar, dat daar soms vlekke op sy gordel voorkom. Sien, volgens die natuur, soos julle sê, is dit uitbarstings van binne af, nes die vulkane op aarde en is ooreenkomstig uitbarstings van die grimmigheid van die Godheid en klein spore van Sy alles vernietigende mag, wat in die natuur op die aardes altyd deur groot of klein donderstorms, afhangende van die grootte van die vlekke, gedeeltelik tot uiting kom; tog word die Liefde dan altyd al hoe meer aktief en versag alles weer met water van barmhartigheid en op die son met groot stormvloede uit die oewerlose meer van haar barmhartige genade. En sien, so word alles weer in die grootste orde gebring, en buite hierdie orde, waarin Ek, die ewige Liefde, van ewigheid der ewighede Self is, en waaruit en waarin alles, wat bestaan, gemaak is, kan niks bestaan nóg ontstaan nie; en wie met sy vryheid uit hierdie orde wil tree, die handel teen die Liefde en teen die lewe en sal ten gronde gaan vir ewig.

[1.6.2] Jy het nou die son gesien en dit begryp volgens die natuur, wat eenvoudig is en moet wees, sodat dit kan bestaan vir die doel, waarvoor dit daar is en uit die orde van die Liefde moet wees.

[1.6.3] Nou trek jou oog af tot die wedergeboorte van die gees, en na die volk van God, en tot die wet van die Liefde, en tot die lewe van vryheid in die lig van genade uit die waters van die barmhartigheid, en die son sal onthul voor jou oë sweef, en geen vou daarin moet vir jou verborge bly nie!

Desktop Kommentaar