Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 6: Die betekenis van die sterre

[1.6.1] Nou lig jou oë van die aarde af op na die son, wat ‘n getroue afbeeld van die wedergeborene is! Kyk mooi, en jy sal gewaar, dat daar soms vlekke op sy gordel voorkom. Sien, volgens die natuur, soos julle sê, is dit uitbarstings van binne af, nes die vulkane op aarde en is ooreenkomstig uitbarstings van die grimmigheid van die Godheid en klein spore van Sy alles vernietigende mag, wat in die natuur op die aardes altyd deur groot of klein donderstorms, afhangende van die grootte van die vlekke, gedeeltelik tot uiting kom; tog word die Liefde dan altyd al hoe meer aktief en versag alles weer met water van barmhartigheid en op die son met groot stormvloede uit die oewerlose meer van haar barmhartige genade. En sien, so word alles weer in die grootste orde gebring, en buite hierdie orde, waarin Ek, die ewige Liefde, van ewigheid der ewighede Self is, en waaruit en waarin alles, wat bestaan, gemaak is, kan niks bestaan nóg ontstaan nie; en wie met sy vryheid uit hierdie orde wil tree, die handel teen die Liefde en teen die lewe en sal ten gronde gaan vir ewig.

[1.6.2] Jy het nou die son gesien en dit begryp volgens die natuur, wat eenvoudig is en moet wees, sodat dit kan bestaan vir die doel, waarvoor dit daar is en uit die orde van die Liefde moet wees.

[1.6.3] Nou trek jou oog af tot die wedergeboorte van die gees, en na die volk van God, en tot die wet van die Liefde, en tot die lewe van vryheid in die lig van genade uit die waters van die barmhartigheid, en die son sal onthul voor jou oë sweef, en geen vou daarin moet vir jou verborge bly nie!

[1.6.4] Maar sien, ook die son het sy pole, waaruit al die lig en die warmte uit die sentrum van rus van genade oor die volle omtrek uitgegiet word; en sou sy nie die rus van die pole gehad het nie, dan sou sy ook geen lig gehad het nie. Want sien, die rus is vir die opname van lig en warmte onontbeerlik nodig en moet gelyk wees met die rus van die Liefde in God; net uit rus kom die ontvanklikheid vir die lewe en die lig.

[1.6.5] En sien, wanneer die lug rustig is, dan is dit ook suiwer en vrolik op die aarde; waai egter sterk winde in verskillende rigtings, dan kom vinnig swart wolke op en verdonker die lig.

[1.6.6] Julle begeertes is nes die winde, waardeur julle van alle soort sorge omring word, wat verhinder dat die lig van genade in julle vloei, nes die wolke, wat deur winde aangewaai word en verhinder dat die strale van die son, op die aarde val.

[1.6.7] Daarom moet julle julle nie bekommer nie, maar al julle begeertes en die sorge wat daaruit onstaan, moet julle op My rig en aan My oordra, sodat julle kan rus kry en Ek bestendig in julle kan vloei.

[1.6.8] En sien, soos die aarde uit My orde reëlmatig rondom die rus van die pole draai, wat deur die mag van My Liefde bewerkstellig word, sodat geen kant onbelig sal bly nie, so ook moet julle handelinge uit My Liefde voortgaan, wat oorspronklik en later volgens julle vaardighede deur die gegewe woord van die ewige Liefde in die wet van genade en barmhartigheid, in julle is; en soos die nag die aarde verkwik, sal die Liefde vir julle verkwik, en soos die dag van die aarde sal julle verhelder word deur die lig uit die son van genade.

[1.6.9] Julle moet soos die winter wees, wat koud is in die rus, maar daarom ook die meeste geskik is vir die opname van warmte tot in die diepste dieptes van die aarde. En by wie die winter aangebreek het, by hom sal ook die lente aanbreek, soos dit is met die eerste lewe van die Liefde in julle, en sal die somer in sy volste daadkragtigheid uit die lewe van die Liefde aanbreek, wat in julle sterk geword het deur die genade, en sal die rustige herfs met die vrugte van werke uit die Liefde en genade aanbreek, waarin julle dan as heel nuutgeborenes in die lewe van die son sal ingaan, om die aangesig van julle heilige Vader te aanskou en om soos die son vir alle wêreld deur die groot krag van die genade, die liefde en die barmhartigheid van die oorgoeie, heilige Vader, te skyn.

[1.6.10] Maar wie nie soos die maan word nie en nie soos die aarde word nie, kan ook nie soos die son word nie, - want hy is nes ‘n komeet, wat geen vastigheid het nie, ook nie in die minste nie, en al sy wese is uit die genadeuitvloeisels van die sonne gesteel, en sy baan is deurmekaar soos die weë van diewe en rowers, en hy word deur die vrees vir lig van een wêrelddiepte tot die volgende gedryf en sal tot in ewigheid nooit meer rus vind nie; en die lig sal vir hom op al sy paaie vervolg en sy nietigheid verlig.

[1.6.11] En uiteindelik sal dit met hom gaan soos met ‘n verskietende ster, wat uit die genade gegooi en as gevolg van sy nietigheid verstoot sal word en sal deur die roof van genade verteer word; want die lig wat gesteel is, sal hulle vir ewig vernietig, en hulle sal verder nie meer wees, nes die vrugte van bome, wat te vroeg by die lig gespruit het, voordat hulle nog deur die liefde vastigheid kon kry; en omdat hulle geen vastigheid het nie, aangesien daar te min verbinding met die liefde bestaan, word hulle swakker en swakker, val dan van die boom af en word vertrap en tot niet gemaak.

[1.6.12] Nou sien, hier het jy die sonne, aardes, mane, komete en die verskietende sterre volgens hul wese en volgens hul betekenis en so ook alles en elke enkele deel van die grootste tot die kleinste, voor jou onthul!

[1.6.13] Die gees van die liefde en genade is in julle en is in alle wysheid. Wie hom hoor, die sal alles in die diepte van die dieptes verstaan; en hy sal die dooies verstaan, en hulle sal vir hom antwoord, en hy sal deur die lewendiges sien, en hulle liefde sal hom verkwik en hulle lig vir hom skyn; en hy sal sy oor op die aarde lê, en die gras sal vir hom die geheime van die liefde vertel, en die aarde sal sy dieptes aan hom onthul, en die berge sal vir sy stem luister, en die toon van sy spraak sal die murg van die aarde deurdring; en wanneer hy vir die see sal kyk, dan sal die strale van sy oë alle druppels daarvan verhelder en elke sandkorreltjie deurdring; en die geeste, wat nog as geoordeel daarin wag, sal na die lig van sy oë stroom, nes die visse en wurms van die see en die waters, wat tydens die nag na die lig van ‘n fakkel wat daaroor gehou word, sal stroom, en sal vir hulle vir die verlossing uit die kerker van die ewige nag laat vang en sal die liefde herken en sal hulle dors uit die waters van barmhartigheid les en hulle sal opgroei tot swakheid, tot ondersteuning en tot krag uit die liefde van die Vader en die woord, wat daar die liefde in die Vader is, en die Gees, wat die krag is in beide.

[1.6.14] En sien, dit alles en nog baie ander dinge meer sal My Gees vir julle leer, wanneer julle sy stem hoor! Maar sy stem is nie hard nie, maar baie saggies, - maar juis daarom alles deurdringend soos die warmte van die liefde, en soos die lig van genade, en soos die krag van die barmhartige liefde van julle heilige Vader.

Desktop Kommentaar