Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.5.26] En nou sien: Hierdie laaste druppel was as die aarde, wat jy en jou broeders bewoon, geskep! En die ander druppels was as sonne, aardes en mane van verskillende soorte geskep, waarvan die getal geen einde het nie; en sien, so het die sigbare hemel met die sterre, die sonne, die mane en die sigbare aarde met die mere en vastelande ontstaan!

[1.5.27] En nou sien en lig jou oë na bo, en jy sal die wonders van die ewige Liefde begryp! Jy sien ten alle tye die glans van die son, die lig van die maan en die glinstering en flikkering van die sterre in hul veelvoudige posisies, wat julle sterrebeelde noem; jy sien ook die mees verskillende vorms in al drie ryke van die natuurlike aarde; alleen tot nou toe, het nog niemand behoorlik begryp, wat en waarvandaan die glans van die son kom nie, en hoe dit aan haar toegedeel word, en wat die lig van die maan, en die glinstering van die sterre en hulle geflikker en hulle veelvoudige konfigurasies, en al die voorkomste op aarde, behels nie.

[1.5.28] Want sien, My kinders moet in alles ingewy word, van al die mooi dinge wat hulle heilige, liefdevolste Vader het om aan Sy kinders, wat Hom erken en bo alles alleen lief het, en ook ondermekaar uit liefde vir hulle Vader lief het, weg te gee.

[1.5.29] Nou sien: Terwyl al die sonne met die aardes deur die mag van die barmhartige Liefde van die ewige en oneindige God geword het, het hulle nog nie ‘n glans gehad nie, geen lig, geen glinstering en geen geflikker nie, want dit was nog groot nag op die sonne en aardes en mane wat in wording was; maar in die sentrum van die sonne het die ewige Liefde ‘n klein vonkie van Sy genade geplaas en hierdie vonk het vinniger as ‘n weerligstraal die donker massas verhelder, en sien, hulle het vir die aardes met ‘n groot glans lig gegee, soos hulle vandag nog lig en voortaan sal lig vir solank die genadevonk nie van hulle geneem sal word nie.

[1.5.30] En sien, toe het ook die aardes en mane ‘n glans gekry en is aan die sonne in regverdige hoeveelhede toegedeel, en die Liefde het, deur die krag en mag van die Godheid, Sy asem oor hulle geblaas en sien, die lig op die sonne het begin bewe, die mere van die aardes het in vloede gegolf en gekolk en die lug en winde het oor die aardes geswem en gewaai nes die Gees van God oor die waters van die barmhartigheid! En die mane het magtig bo die aardes uitgestyg, wat vir hulle gegee was soos die vrug vir ‘n boom, en het begin, om in wye bane om die aardes as voortdurende begeleiers van hulle ontstaan, te wentel; en waar daar baie was, is hulle in vaste kringe as teken van die Liefde vir die kinders, wat aanhoudend die aangesig van hulle Vader moet aanskou, net soos die mane vir die aardes, verenig, sodat hulle as gevolg van hulle los samestelling nie uit hulle bane geruk en vernietig moet word nie.

[1.5.31] Want sien, die mane is nie vas nie, maar baie los en is soos skuim van die see, wanneer dit meer vas en gekonsolideer raak, en is kaal en sonder water; en die lug van die aarde is daar soos die water van die aarde (beteken waarskynlik: ... en die water van die maan is soos die lug van die aarde...(opmerking deur die vertaler)) en die lug soos die eter tussen sonne en aardes. En hulle (die mane) is bestem, om die wêreldsugtiges op te neem, en om te dra die geeste van die materie, en om hulle bestendigheid te toets en om hulle vir die ontvangs van genade ryp te maak.

[1.5.32] En die vasteland van die aardes is die’ gedeelte van die toorn van die Godheid wat deur die barmhartigheid gekalmeer is, en omsluit met vaste bande die afgedwaalde geeste tot die bepaalde tyd van hul onbewustelike ontbinding, waar hulle dan in ‘n sagter, maar nog steeds vir hulle voldoende vaste materie, en juis enkel gebind, geplaas word, waaruit hulle eers dan, deur die ewige Liefde weer opgewek, sal kan voortgaan; en die mere en waters is vol van hulle, sodat hulle nederig sou word, en die lug is vol van hulle, sodat hulle gesuiwer sal kan word. En die ewige Liefde is in al die vorms; maar die toorn van die Godheid is op aarde net gedemp, maar daarom nog nie opgehef nie.

[1.5.33] Maar dit onthou baie spesifiek: In die middel van die son rus die genadevonk en gee deur die toornvuur van die Godheid die lig vir die wêrelde. Maar in die middel van die aarde, is daar ‘n toornvonk van die grimmigheid van God soos ‘n vuurdraak en hou die bose bendes soos klippe gevange, wat eers deur die waters van die barmhartigheid sag moet word, indien een weer vir ‘n tweede toets van vryheid en ‘n ewige lewe ontbind moet word. En nou begryp die geheim van jou wese en verstom jou oor die groot Liefde van die ewige mag, hoe dikwels Sy al vir jou van nuuts af laat gebore het, om jou, wat verlore was, vir die ewige lewe, vir die vryheid, vir die wet, vir die liefde en die lig en vir die aanskouing van Haar aangesig weer terug te wen; en sien, dit alles wil Ek vir jou en daardeur ook vir baie ander bekend maak en gee om te erken, sodat julle tog uiteindelik sal wil insien, hoe buitengewoon goed die Liefde moet wees, aangesien Sy onverpoos so baie dinge, so groot dinge, en so wonderbaarlike dinge vir julle ongehoorsames doen en duld!

[1.5.34] Sien, so is die beweging van die aardes rondom hulle sonne en om hulle eie middel deur die trek van die asem van barmhartigheid van die Liefde, as teken gegee, sodat die kinders al hulle bedrywighede volgens die beweging van die aardes om die sonne en die mane om die aardes moet orden, en die swakkes moet soos die mane wees, en die sterkes moet soos die aarde wees, en die wedergeborenes moet soos die son wees. En die swakkes moet die krag van die Liefde, wat vir hulle nooit sal laat val nie, aanskou, deur hulle blik, soos die mane, onophoudelik op die aangesig van die Liefde te rig en dit sodoende na alle kante in kleiner sirkels te omwentel, maar tog deur die krag daarvan, ook in die groot sirkels saamgetrek word; en die sterkes moet soos die aarde wees, deur selfstandig te draai en altyd gereed te wees, om die lig en warmte uit die genade van die Liefde te kan ontvang, en deur die’ krag, dit wat in haar is, te belig en verwarmend lewendig te maak, sodat sy vrugte van alle soorte uit die werke van die Liefde kan voortbring, waarmee die swakkes versadig mag word en die ingeborenes verkwik mag word, en die nuutgeborenes verlustig mag word; en die nuutgeborenes uit die waters van die barmhartige Liefde, in wie die genade vervolmaak is, moet soos die son wees, en hulle lig moet orals skyn, en hulle warmte moet die swakkes lewendig maak en moet die sterkes as voeding vir die swakkes bevrug, sodat daar ‘n gemeenskap sal heers onder die kinders van een en dieselfde Vader.

[1.5.35] En sien, nog dieper moet jy kyk, hoe en waarom Ek alles so uitgewerk het! Sien, die maan het vlekke en baie plekke waar dit donker is, en die aarde het koue maar vaste pole, en het hoë berge en het laagliggende valleie, en het fonteine, spruite, riviere, strome, mere en klein en groot seë; en die son het vlekke, groottes en kleintjies. Nou sien, dit alles is werke van die Liefde en genade, of die ooreenstemmende warmte en die lig, wat alles die ewige Liefde en die mag van die Godheid deur Haar is. Daaruit kan jy sien hoe die swakkes en die maan gelyk aanmekaar is, en sy wese sal vir jou oopgesluit word; kyk na die sterkes in alles wat hulle doen, en voor jou oë word die aarde onthul; en van een pool tot die ander pool moet die starre rus van die gees in die Liefde vir die Liefde daar wees, sodat alles, wat om die gees is, in ‘n vaste orde kan beweeg en daardeur vir die gemeenskaplike doel van ewige bestaan, werksaam kan wees. Want sien, alles hang van die rus af; daarsonder kan niks bereik word nie, en wie nie soos die pole van die aarde is, deurdring nie sy binnenste, soos ‘n lyn tussen die pole deur die sentrum van die aarde, nie. En julle Liefde moet so koud soos die ys van die pole wees, sodat julle geskik is, om al die warmte van die goddelike Liefde in julle te kan opneem. Want sien, dit wat warm is, is nie geskik om warmte op te neem nie; maar wat in sy rus koud is, dit is geskik, om die warmte ten volle op te neem en in alle dele van die lewe te laat stroom. Want sien, wie die warmte, wat die Liefde van God is, opneem, en dit by homself vashou en dit nie verder laat stroom nie, is suinig en sal homself oplos en vernietig, soos ys by die vuur; maar wie dit soos die pole ontvang en gee dit onmiddelik weer aan almal, wat om hom is hetsy naby of ver, by hom is die goddelike Liefde op die regte plek en voldoen geheel aan die wil van die groot en heilige Gewer.

[1.5.36] Daardie Liefde sal baie vrugte bring en sal opswaai na die lig van genade en sal, nes die pole, met volle aangesig die onmeetbare dieptes van die Godheid, wat in die oneindige ruimte van die skepping deur die Liefde na God opkyk, aanskou, en met wye oë die sagte strale van alle onmeetbare ruimtes opsuig, waarin daar ontelbare wesens van die barmhartigheid kring, elkeen volgens sy eie geaardheid, en daardeur oor verwondering en vreugde in hulle liefde tot die Liefde en vir die Liefde ontsteek en nes ‘n son self liggewend word soos die lig van die pole van die aarde.

[1.5.37] Daarom, wie bestendig in die middel van die Liefde van erkenning bly, wat die genade is, sy lendes sal gloei van liefde uit God soos die gordel van die aarde, en sy oë sal, nes die pole, van erkentenisse straal, en sy arms sal soos riviere, spruite en fonteine beweeg, en sy dade sal na die mere van die goddelike barmhartigheid stroom, wat met die genade en met die erkentenisse van die ewige Liefde en die ewige lewe gesout is.

[1.5.38] Nou, daar het julle die sleutel, om die aarde wat julle dra, oop te maak en te aanskou.

Desktop Kommentaar