Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 5: Die geheim van die Skepping

[1.5.1] Wie ore het wat kan hoor, die luister, en wie oë het wat kan sien, die kyk; want sien, Ek wil vir julle ‘n groot geheim onthul, sodat julle kan sien, hoe julle liefdevolste, heilige Vader ook van aangesig tot aangesig aanskou en broederlik geniet kan word. Want die kinders moet tot in ewigheid in die groot huishouding van hulle Vader ingewy wees!

[1.5.2] Die Godheid was van ewigheid af, die alle oneindigheid der oneindigheid deurdringende krag en was en is en sal wees die ewige oneindigheid Self. In die middel van die dieptes daarvan, was Ek van ewigheid die Liefde en die lewe self daarin; maar sien, Ek was blind soos ‘n embrio in die liggaam van die moeder! Die Godheid het Homself behaag in die Liefde en het heeltemal op sy Liefde inbeweeg. En die Liefde het in sy sentrum al hoe warmer en warmer geword, en massas en massas van die Godheid het daarheen beweeg, en alle magte en kragte het daarop afgestorm.

[1.5.3] En sien, daar het ‘n groot geruis, gebruis en gewoed ontstaan, en sien, die Liefde het van alle kante angstig en gedruk gevoel, sodat die Liefde tot in sy binnenste begin bewe het! En die Liefde het dit gewaar, en die geruis het ‘n toon word, maar die toon het in die Liefde ‘n woord geword, en die woord het gesê: “Daar sal lig wees!” En daar in die hart, het die vlam van die ontsteekte Liefde ontbrand, en daar was lig in alle ruimtes van die oneindigheid!

[1.5.4] En God het in Hom die groot heerlikheid van sy Liefde gesien, en die Liefde was versterk met die krag van die Godheid, en sodoende het die Godheid Hom met die Liefde vir ewig verbind, en die lig het uit die warmte voortgegaan.

[1.5.5] En sien, toe sien die Liefde alle heerlikheid, waarvan die getal in die Godheid geen einde het nie, en die Godheid het gesien, hoe dit alles uit die Liefde in Haar oorgedra is, en die Liefde het haar gedagtes in die Godheid gesien en het ‘n groot welbehae daaraan gehad. Toe ontbrand die Liefde van nuuts af, en die kragte van die Godheid het om Haar geruis, en sien: Die gedagtes van die Liefde was self Liefde en was sonder tal.

[1.5.6] Toe sien die Godheid Sy heerlikheid, en die Liefde het Sy mag gevoel. En toe spreek die Liefde in die Godheid: “Laat ons die gedagtes van die heerlikheid vashou en na buite plaas, sodat hulle vry word en vir Ons kan voel en sien, soos wat Ons hulle voel en sien en Ons vir hulle gevoel en gesien het, nog voor die lig hulle vorms verlig het!”

[1.5.7] Toe gaan die woord oor in die Godheid, en dit was orals Liefde. En sien, toe spreek die Godheid vir die eerste keer: “Dit sal!” En daar het ‘n groot aantal geeste uit God vry geword, waarvan die getal geen einde het nie, en die Liefde het Haarself oneindigkeer sien vermenigvuldig en het Haar oneindige skoonheid volmaak gesien.

[1.5.8] Maar al die wesens was nog nie lewendig nie en het nog nie gevoel en nog nie gesien nie, want hulle was nog vorms buite die Liefde, wat in die Godheid vasgevang was.

[1.5.9] En die Liefde was jammer, en Sy het Haarself geroer, en die geroer het in die Godheid opgestyg, en die Godheid het Sy gevangenes vir die Liefde gegee, en die Liefde het alles deurdring. En sien, toe word die vorms lewendig en was verbaas teenoor mekaar en het by die strome vlamme van die goddelike Liefde warmte gesoek en het daardeur selfstandige beweeglikheid en bedrywigheid gekry! Maar hulle het hulleself nog nie erken nie.

[1.5.10] Toe spreek die Liefde weereens: “Laat Ons maak, dat hulle hulself erken, sodat hulle dan vir My en deur My ook vir Jou mag erken!”

[1.5.11] Toe het die woord weer in die Godheid opgestyg, en in die Godheid was die woord gehoor, en die woord het wet geword, en die wet was die Liefde en het in almal oorgestroom.

[1.5.12] En sien, toe het daar drie gevorm, en vanuit hulle het sewe voortgegaan! En die drie was gelyk aan die Liefde, die Lig en die Godheid; en die sewe was gelyk aan die sewe geeste van God, en hulle heet en sal vir ewig heet: 1. Wees lief vir die Liefde. 2. Vrees die Godheid wat doodmaak, - sodat julle nie doodgemaak word nie. 3. Die Liefde in julle is heilig; daarom moet julle vir julle ondermekaar respekteer, net soos die Liefde vir julle in die Godheid respekteer en vreugde aan julle het. 4. Elkeen is sy eiendom en die eiendom van die Liefde van God; daarom moet nie die een die ander een beroof nie. 5. Niemand mag ooit sy aangesig voor die ander bedek nie, sodat die ander een nie kan weet, wie die Liefde is nie, - daarom is julle soos die Liefde, wat julle gemaak het. 6. Julle innerlike moet ook julle uiterlike wees, sodat geen valse roeringe in julle ontstaan en julle tot niet sal gaan nie. 7. Julle uiterlike is die getroue refleksie van julle innerlike spieël, waarin die Liefde van die Godheid Homself aanskou; anders sal die innerlike spieël breek en julle voorkoms sal skrikwekkend word.

[1.5.13] Met ‘n donderslag het die Godheid aan die oortreders in die oneindige ruimtes ‘n vreeslike strafoordeel verkondig, en sodoende was die aanbidding van die Godheid in die allerhoogste vrees beveel, en dit was aan hulle deur die liefde van die Liefde opgedra. En hulle was in die hoogste vryheid uitgeplaas en kon doen, wat hulle wil, en niks sal vir hulle in hulle vryheid hinder nie, tot die tyd, wanneer hulle mekaar in hulle vryheid en in hulle nederigheid erken het, sodat die wet hul eie word en hulle dan volkome vry sou word.

[1.5.14] Op hulle eie het hulle hulself, in hul groot mag en alles oorstralende heerlikheid en majesteit, erken en die boonste een van die drie, gelykstaande aan die lig van die Godheid, het in sy begeerte ontbrand, om die Godheid ten volle oor te neem. Deur hom het ‘n groot gedeelte van die geeste ontbrand, wat ook deur hom geword het; en deur hulle het ook die Godheid in sy toorn ontsteek, nes die twee laer geeste van die drie, en slinger toe die bose bende in die dieptes van die dieptes van Sy toorn.

[1.5.15] En die twee en die’ wat uit hulle ontstaan het, sowel as die sewe, wie se getal geregverdig was, was getrou aan hulle nederigheid gevind en was opgeneem in die kringe van die mag van God; en die Liefde het gesien, dat hulle as rein bevind was, en was bly oor hulle volmaaktheid. En sien, die krag van die Godheid in die Liefde het opgestyg, en die Godheid het beweeg, en die skepsels het die beweging van die Godheid waargeneem, en die Godheid het na Sy Liefde beweeg, en vir die skepsels is die oë oopgemaak, en hulle het vir die eerste keer die ewige Liefde gesien.

[1.5.16] Toe is die tallose skares verbaas, en ‘n groot gejubel en ‘n groot vreugde het onder hulle ontstaan, want hulle het die mag van God in die Liefde gesien en het die Liefde in hulleself gesien en ook die krag, wat hulle laat ontstaan het, en het mekaar erken en het die Liefde erken en het vir God erken.

[1.5.17] Nou het die Godheid geroer, en die skepsels was bang vir die Godheid, en die Liefde het hulle vrees gesien en bevind dat hulle vrees geregverdig was, en die vrees het hulle gehoorsaamheid geword, en die gehoorsaamheid was hulle nederigheid, en die nederigheid was hulle liefde, en die liefde was hulle wet, en die wet hulle ewige vryheid, en die vryheid was hulle lewe, en die lewe hulle saligheid vir ewig.

[1.5.18] Nou sien, die ewige Liefde het met hulle gepraat, en hulle het die woord verstaan! Toe het hulle tonge los geraak, en die eerste woord, wat oor hulle lippe gekom het, was ‘Liefde’. En die Godheid het gehou van die toon van hulle spraak; en die Godheid was geroer deur die Liefde, en die beweging het in die skepsels vorm aangeneem, en die vorm het ‘n toon geword en die toon was die tweede woord en heet - ‘God’.

[1.5.19] En nou eers was die skepsels vervolmaak. En die Liefde het vir die skepsels gesê: “Die eerste onder julle het verlore gegaan; daarom neem Ek sy plek in en sal vir ewig onder julle wees!”

[1.5.20] Toe het hulle tonge weereens los geword; en hulle knieë het gebuig, en hulle het die Liefde aanbid.

[1.5.21] Nou sien verder, wat die Liefde alles gedoen het, en God in Sy Liefde, en die Liefde in God! - En die Liefde was jammer vir die verlorenes; maar die Godheid het begin bewe in Sy toorn, en daar was in al die ruimtes van die oneindigheid van God, ‘n groot donderslag gehoor. En die donderslag het tot die binnenste van die ewige Liefde deurgedring, en die Liefde alleen het die donderslag van die Godheid verstaan, en die donderslag het ‘n woord geword en gesê: “Alle mag sal aan Jou onderdanig wees; doen volgens Jou eie welgevalle en sê net, ‘Dit sal!’, en dit sal gebeur!”

[1.5.22] En sien die Liefde was ontroer tot in sy binnenste, en die eerste traan het uit die oog van die ewige Liefde gevloei, en hierdie traan het uit die hart van die Godheid gevloei en het geheet en heet en sal vir ewig heet, barmhartigheid.

[1.5.23] Hierdie traan het ‘n groot meer geword, en die waters het uitgebrei tot in alle ruimtes van die oneindigheid, en het ook die dieptes van die diep toorn van die Godheid bereik en het die vuur van die toorn van God versag.

Desktop Kommentaar