Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 5: Die geheim van die Skepping

[1.5.1] Wie ore het wat kan hoor, die luister, en wie oë het wat kan sien, die kyk; want sien, Ek wil vir julle ‘n groot geheim onthul, sodat julle kan sien, hoe julle liefdevolste, heilige Vader ook van aangesig tot aangesig aanskou en broederlik geniet kan word. Want die kinders moet tot in ewigheid in die groot huishouding van hulle Vader ingewy wees!

[1.5.2] Die Godheid was van ewigheid af, die alle oneindigheid der oneindigheid deurdringende krag en was en is en sal wees die ewige oneindigheid Self. In die middel van die dieptes daarvan, was Ek van ewigheid die Liefde en die lewe self daarin; maar sien, Ek was blind soos ‘n embrio in die liggaam van die moeder! Die Godheid het Homself behaag in die Liefde en het heeltemal op sy Liefde inbeweeg. En die Liefde het in sy sentrum al hoe warmer en warmer geword, en massas en massas van die Godheid het daarheen beweeg, en alle magte en kragte het daarop afgestorm.

[1.5.3] En sien, daar het ‘n groot geruis, gebruis en gewoed ontstaan, en sien, die Liefde het van alle kante angstig en gedruk gevoel, sodat die Liefde tot in sy binnenste begin bewe het! En die Liefde het dit gewaar, en die geruis het ‘n toon word, maar die toon het in die Liefde ‘n woord geword, en die woord het gesê: “Daar sal lig wees!” En daar in die hart, het die vlam van die ontsteekte Liefde ontbrand, en daar was lig in alle ruimtes van die oneindigheid!

[1.5.4] En God het in Hom die groot heerlikheid van sy Liefde gesien, en die Liefde was versterk met die krag van die Godheid, en sodoende het die Godheid Hom met die Liefde vir ewig verbind, en die lig het uit die warmte voortgegaan.

[1.5.5] En sien, toe sien die Liefde alle heerlikheid, waarvan die getal in die Godheid geen einde het nie, en die Godheid het gesien, hoe dit alles uit die Liefde in Haar oorgedra is, en die Liefde het haar gedagtes in die Godheid gesien en het ‘n groot welbehae daaraan gehad. Toe ontbrand die Liefde van nuuts af, en die kragte van die Godheid het om Haar geruis, en sien: Die gedagtes van die Liefde was self Liefde en was sonder tal.

[1.5.6] Toe sien die Godheid Sy heerlikheid, en die Liefde het Sy mag gevoel. En toe spreek die Liefde in die Godheid: “Laat ons die gedagtes van die heerlikheid vashou en na buite plaas, sodat hulle vry word en vir Ons kan voel en sien, soos wat Ons hulle voel en sien en Ons vir hulle gevoel en gesien het, nog voor die lig hulle vorms verlig het!”

[1.5.7] Toe gaan die woord oor in die Godheid, en dit was orals Liefde. En sien, toe spreek die Godheid vir die eerste keer: “Dit sal!” En daar het ‘n groot aantal geeste uit God vry geword, waarvan die getal geen einde het nie, en die Liefde het Haarself oneindigkeer sien vermenigvuldig en het Haar oneindige skoonheid volmaak gesien.

[1.5.8] Maar al die wesens was nog nie lewendig nie en het nog nie gevoel en nog nie gesien nie, want hulle was nog vorms buite die Liefde, wat in die Godheid vasgevang was.

[1.5.9] En die Liefde was jammer, en Sy het Haarself geroer, en die geroer het in die Godheid opgestyg, en die Godheid het Sy gevangenes vir die Liefde gegee, en die Liefde het alles deurdring. En sien, toe word die vorms lewendig en was verbaas teenoor mekaar en het by die strome vlamme van die goddelike Liefde warmte gesoek en het daardeur selfstandige beweeglikheid en bedrywigheid gekry! Maar hulle het hulleself nog nie erken nie.

[1.5.10] Toe spreek die Liefde weereens: “Laat Ons maak, dat hulle hulself erken, sodat hulle dan vir My en deur My ook vir Jou mag erken!”

[1.5.11] Toe het die woord weer in die Godheid opgestyg, en in die Godheid was die woord gehoor, en die woord het wet geword, en die wet was die Liefde en het in almal oorgestroom.

[1.5.12] En sien, toe het daar drie gevorm, en vanuit hulle het sewe voortgegaan! En die drie was gelyk aan die Liefde, die Lig en die Godheid; en die sewe was gelyk aan die sewe geeste van God, en hulle heet en sal vir ewig heet: 1. Wees lief vir die Liefde. 2. Vrees die Godheid wat doodmaak, - sodat julle nie doodgemaak word nie. 3. Die Liefde in julle is heilig; daarom moet julle vir julle ondermekaar respekteer, net soos die Liefde vir julle in die Godheid respekteer en vreugde aan julle het. 4. Elkeen is sy eiendom en die eiendom van die Liefde van God; daarom moet nie die een die ander een beroof nie. 5. Niemand mag ooit sy aangesig voor die ander bedek nie, sodat die ander een nie kan weet, wie die Liefde is nie, - daarom is julle soos die Liefde, wat julle gemaak het. 6. Julle innerlike moet ook julle uiterlike wees, sodat geen valse roeringe in julle ontstaan en julle tot niet sal gaan nie. 7. Julle uiterlike is die getroue refleksie van julle innerlike spieël, waarin die Liefde van die Godheid Homself aanskou; anders sal die innerlike spieël breek en julle voorkoms sal skrikwekkend word.

Desktop Kommentaar