Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 4: Die ware kerk op aarde

So het die Here tot en in my gespreek vir ieder en elk; en dit is waar, getrou en gewis:

[1.4.1] My genade is ‘n kosbare skat; wie dit kry, sal nooit, tydelik en vir ewig, van alles geen tekort hê nie. Daarom moet elkeen hom bemoei, om dit onmiddelik sy eie te maak; want Ek gee dit vir elkeen, wat dit graag wil hê.

[1.4.2] Want sien, as julle vergifnis vir julle sondes wil hê, dan sal vir julle vergewe word, wanneer julle ware boete deur Jesus, wie My lewendige woord en die liefde in My is, sal doen, en die poorte van die hemel sal vir julle oopstaan, en wanneer julle wil inkom, kan julle inkom en daar die aangesig van julle heilige Vader, die ewige God Jehova, die Eks is, aanskou.

[1.4.3] Dit kan julle deur middel van die lewendige woord doen, wat daar is Jesus Christus of die ewige liefde en wysheid in My, waaruit alles wat goed en waar is, vloei. Die liefde is vir julle van die begin af gegee; want sy is die eintlike lewe in julle, soos die mag in My skeppingswerke, wat inderdaad ook uit My liefde voortgegaan het, maar tog nie die liefde self is nie, omdat geen vryheid daarin is nie, maar net die werking van die liefde, maar wat so te sê sonder lewe is, - daarom ook alles, wat uit die’ mag ontstaan, so te sê dooie materie is, en wat net ‘n skynbare lewe het, - maar in werklikheid is dit die dood.

Desktop Kommentaar