Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 30

[1.30.1] En sien verder! - Aangesien Lamech dit in die woud aan sy broers gedoen het en met Tatahar aan die punt van die bende, het hy vrolik na Hanoch teruggekeer en het vir alle volk in en om Hanoch en so ook die tien stede en hulle omgewing laat weet en verkondig, wat daar met die roekelose broers Johred en sy skolier Hail gebeur het, waaroor die hele Hanoch saam met die tien stede en die volk buite dit groot geskrik het, altesaam drieduisend in getal sonder hulle vrouens en kinders, wat daar by die huis gebly het.

[1.30.2] En so het die’ klein mag van mans in die rigting van Hanoch na Lamech opgeruk, waar een vir almal die woord gevoer het en gesê het: “Waar is die woud, waar so iets met die jong koning en sy wyse broer Jored gebeur het, en laat ons die plek van gruwel soek, om dalk nog enige treurige oorblyfsels of nog enige ander spore te vind, wat ons van die waarheid van sodanige boodskap sal oortuig, sodat ons opreg oor sodanige groot ongeluk kan ween en daarna die hiëna opsoek, wat beslis nog ‘n bloedige bek het, sodat ons haar en die hele geslag met ons knuppels en klipslingers as skuldige boete vir Jored en Hail kan verwurg en doodslaan.”

[1.30.3] “Ja”, sê Lamech, “julle het die regte besluit geneem; ek as julle regmatige koning (eintlik ‘kan ek’ of verouderd ‘koning’) sal in julle midde dieselfde doen, en my eerste dienaar Tatahar saam met sy goed bewapende vriende sal vir ons die pad aanwys!”

[1.30.4] En sien, die volk het van die vinnige, welgevalle besluit van Lamech gehou, en hulle het gesê: “Sien, sien en luister! Huhuhora (wat beteken: Daar leef nog ‘n regte koning!); ook hy is wys en sal ons koning wees!”

[1.30.5] Daarop het almal opgestaan en, gelei deur Lamech, na die woud van tiere en hiënas gegaan en het ook vinnig op die bloedbevlekte plek van gruwel afgekom en het daar getreur en geween en het die oorblywende stukkies klere as treurige verering bymekaar gemaak.

[1.30.6] En toe hulle nou daar hulle ydel taak van treur verrig het en het die waardelose relieke van Johred en Hail versamel, toe het hulle die plek van gruwel verlaat en het vol innerlike bitter woede in bendes van honderd elk die woud ingevaar, om in afstande van dertig uitgestrekte hande van mekaar, die berugte hiëna te soek; en sien, daar was nie ‘n enkele dier te sien nie, en nog minder ‘n hiëna. En hulle het gesê: “Die berugte ongedierte het beslis die berge in gevlug! - Moed! Sedert Cahin het nog nie ‘n sterfling dit gewaag, om ‘n voet op die berge te sit nie, dan wil ons nou vir die eerste keer hierdie verbod verbreek; want ons het ‘n goeie rede daarvoor, en geen God sal in staat wees, om hierdie optrede te verbied nie, aangesien ons ‘n regverdige saak teen die berugte, vraatsugtige ongedierte het. Daarom nog eenmaal: Moed, - al sou ons almal ten gronde gaan!”

[1.30.7] Maar sien, Lamech het vir hulle geantwoord: “Julle stem is my wil en vir julle ‘n gebod. Daarom gaan en doen, soos wat dit julle maan; maar ek wil hier, saam met Tatahar en sy vriende vir julle wag en ‘n wakende oog hou op enige ongedierte der ongediertes wat moontlik as gevolg van julle sterk houe hierna toe sal vlug!”

[1.30.8] Die drieduisend was daarmee te vrede en het met ongewone, versigtige treë vorentoe gegaan en het dit skaars gewaag om uit duiseligheid vir die geklimde hoogtes en agtergelate dieptes, om te kyk. En sien, vir drie dae lank het hulle die hiëna gesoek maar hulle kon ook nie ‘n enkele een te siene kry nie; toe word hulle mismoedig en het met hulle knuppels teen ‘n rotswand, wat etlike vame hoog was en vir hulle verhoed het om verder te klim, gekap en het vir die woude en die berge, wat daar die blyplek van alle ongediertes was, gevloek en het van die bome, rotse en rotswande rekenskap geëis en het op die aarde, vir die skande van bloedlekkery, gespoeg en het vir haar tot in die afgrond vervloek en het vir die son, wat vir sodanige gruweldaad lig gegee het, gevloek, en het ook vir al die sterre en die maan, wat vir sodanig ongehoorde misdaad kon gekyk, gevloek. Maar een van hulle, wat die grootste en sterkste een was, se naam was Meduhed (wat beteken ‘die sterkste’). Hy het omgedraai en het ‘n kort, maar baie treffende toespraak aan die verwoede skare gerig en het gesê:

[1.30.9] “Wat sal van hierdie onsinnigheid word? Sien, julle knuppels slaan julle aan hierdie dooie, harde, onoorwinbare wand stukkend en laat hulle splinter en maak die terugweg met julle spoeg glibberig! Wanneer ons nou huis toe wil gaan, en ons kom op hiënas, tiere, leeus, bere en groot slange af, dink, hoe julle julleself sal verdedig! Het die ou God dan reeds hier vir ons ‘n onoorwinbare doelwit vir ons blinde, doellose wraak gestel, hoe maklik kan Hy nog ‘n baie meer vreesaanjaende hindernis vir ons op die terugweg stel! Daarom dink, dat dit nie ‘n goeie ding is, om met die Oue te stry nie, aangesien Hy selfs bome en klippe lewendig kon maak, indien Hy te min diere gehad het, sodat hulle almal vir ons as gevolg van ons dwaasheid en ons ongehoorsaamheid sal kon doodslaan en doodmaak, aangesien ons die berge teen die strengste gebod van Cahin, Hanoch en Farak, die mees wyse en mees regverdige een, betree het. En wie weet, of daar bokant hierdie wand nie hoër wesens woon, waarvan daar nog altyd ‘n swak gerug onder die volk die ronde gedoen het; want verniet is die berge nie daar nie! En sou dalk net een van die’ wesens vir ons sien, wat beteken dan ons getal van muggies teen so ‘n reus van God?! Daarom laat ons beskeie omkeer terwyl dit nog daglig is, sodat ons nie onder die vloek van die nag ten gronde sal gaan nie, wat nog altyd vir ons ‘n vyand was soos die dag ‘n plaag, alhoewel nie juis met sulke groot gevare soos verbonde aan die nag nie. Laat ons daarom almal volgens hierdie goed oorweegde raad handel. Amen.”

[1.30.10] En sien, toe hierdie toespraak hulle tot besinning gebring het en hulle daarop besluit het, om met die terugtog te begin, toe sien Meduhed ‘n groot man, wat op ‘n oorhang van die rotswand gestaan het; en die’ man was Seth, ‘n seun van Adam en plaasvervanger van Ahbel, wat later van My, deur die broederengel Ahbel, die opdrag gekry het, om met Adam en Eva na die beloofde land te trek en om daar die berge in die verafgeleë aangesig van die destydse Paradys, waarvan Ek later nog ‘n bietjie breedvoeriger sal praat, te bewoon.

[1.30.11] En sien, hierdie Seth het met ‘n vaste stem tot hulle gespreek, aangesien hy iemand was, vir wie die taal van alle kreatuur nie vreemd geword het nie, en het gesê: “Julle growwe kinders van Cahin, die broedermoordenaar, wat vir God geheel en al vergeet het! Watter regverdige straf van God, die Vader van my en Adam, wat nog lewe, soos al sy kinders wat nog op die hoogtes woon, het vir julle hiernatoe, in die sterk arms van julle ondergang gelei? O julle slangbroeisel, hoe lyk julle dan?! O julle voedsel vir die hiënas, sê, wat wil julle, hier op hierdie heilige plek kom doen! - Wat soek julle hier op die vir julle streng verbode plek? Wyk van hier af en val almal in die bek van die straf waarmee vir julle gedreig is, naamlik in die bek wat die dood bring, en julle dit nie sal ontgaan nie, of hierdie rotswand sal julle vir ewig begrawe!”

[1.30.12] En sien, toe het Meduhed op sy knieë neer geval en het baie hard om barmhartigheid en genade geskree. Maar Seth, wat net woorde uit My gepraat het, en hy daardeur meer van My liefde vervul geraak het, het na ‘n rukkie van Meduhed se klaery sag geword en het gesê:

[1.30.13] “Meduhed, jy alleen mag na my, tot die groot nabyheid van God, opkyk, aangesien jy jou broers van groot, moedswillige boosheid voor die alsienende oog van God weerhou het; daarom sal jy alleen weet, waar en wie daardie vraatsugtige hiëna is: Sien, daardie duisendvoudige hiëna het in die vlaktes aan die punt van die slang se tong, die bende van Tatahar, agter gebly en heet Lamech!

[1.30.14] Niemand van julle sal dit waag, om sy hand op hom te lê nie! Wee hom sewe-en-sewentig keer, wat daar vir hom sal gryp, - omdat daardie iemand God se tyd sal voorspring, maar wat daar die verskriklikste sal wees, aangesien sodanige iemand die band van die goddelike liefde sou losmaak en daardeur die breë, onmeetbare gordel van die skerpste oordeel van die Godheid sal ontketen, wat daar groot suile van vuur oor die hele aarde sou stort en op die’ wyse die hele aarde sou verwoes. En nou staan saam met jou bende op, en trek in vrede huis toe, en moet nie vir Hanoch kyk nie, maar kyk op julle en op God, wat daar ‘n getroue redder is van die’, wat altyd vir Hom kyk, - in die lus, sowel ook in nood! Amen.”

[1.30.15] En sien, toe het Seth heeltemal in lig verander; maar hulle het geskrik en uit sy aangesig oor takke en klippe gevlug en het dus die vlakte nog voor die ondergang van die son bereik, en teen middernag ook hulle wonings, wat daar tien ure se loop van die berge af geleë was.

Desktop Kommentaar