Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.3.9] Sê vir hulle: Ek het hulle sondes voor My oë weggevat, en het hulle so wit soos sneeu gewas; dit is nou geen hindernis meer nie. Ek wil vir hulle nie meer ‘n onsigbare Vader wees nie; hulle moet My aldag aanskou en met My vrolik wees en skerts en bly wees; al hulle bekommernisse moet hulle net aan My oordra.

[1.3.10] O, met watter vreugde wil Ek verder vir hulle sorg! O, wat is alle vreugdes en salighede van My hemele vir My, die Vader, in vergelyking daarmee, om deur My liewe kinders as enigste, ware Vader gelief te word!

[1.3.11] Sien, alle salighede gee Ek vir julle vir hierdie enkele een, wat Ek net vir Myself bestem het, en daarom moet My kinders ook niemand anders, behalwe vir My, net vir My alleen, hulle Vader noem; want Ek is dit ook en is dit ook met volle reg, en niemand kan vir My die reg ontneem, aangesien Ek die Enigste, Allenige is, en behalwe My niemand nie.

Desktop Kommentaar