Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.3.7] Dit alles sê die goeie gasheer en die spaarsame Vader vir al Sy kinders, sodat hulle hulleself moet verbeter, om eendag die erfenis, wat Ek vir hulle van ewigheid af so getrou berei en bewaar het, sal kan ontvang.

[1.3.8] Vir jou vriende en broeders sê in alle liefde: Ek, hulle liefdevollste Vader, het alreeds altwee My arms uitgestrek, om hulle almal aan My hart vir ewig, ewig te druk. Hulle moet net nie meer van My af wegdraai nie, maar hulle moet onverpoos in My aangesig kyk, en My oë sal dit vir hulle sê, ja sal dit hardop vir hulle verkondig, hoe baie lief Ek vir hulle is, en hoe opreg Ek dit met hulle bedoel.

Desktop Kommentaar