Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.3.4] Sien, Ek is hartseer, wanneer Ek sien, hoe uurliks duisende en duisend maal duisende verwelk en sterf! O, indien Ek hulle tog net kon help! Is dit nie hartseer, wanneer die Almagtige nie kan help nie?!

[1.3.5] Jy vra alreeds weer vir My, hoe dit dan moontlik is? O ja, sê Ek vir jou, dit is baie moontlik! Sien, al My skepsels hang aan My mag, maar My kinders hang aan My liefde! - My mag gebied en dit gebeur; maar My liefde wens net en gebied in alle sagmoedigheid die vrye kinders, en die vrye kinders verstop hulle ore en wil nie die aangesig van hulle Vader aanskou nie. Daarom, omdat hulle vry is, soos Ek dit is, kan Ek vir hulle nie help nie, indien hulle dit nie wil nie. Want My mag gaan oor alles; maar My wil is onderdanig aan My kinders. Maar dit moet elkeen agter sy ore skryf: Ek is julle Vader, maar is ook julle God, en behalwe vir My is daar niemand meer. Wil julle My as Vader of as God? - Julle dade sal vir My die beslissende antwoord gee.

[1.3.6] So onthou dit dan: Die liefde woon net in die Vader en heet die Seun. Wie dit versmaai, die’ sal met die magtige Godheid te doen kry en sal van sy vryheid vir ewig beroof word, en die dood sal sy aandeel wees; want die Godheid woon ook in die hel, maar die Vader woon net in die hemel. God oordeel alles volgens Sy mag; maar die genade en die ewige lewe is net in die Vader en heet die Seun. Die Godheid maak alles dood; maar die Seun of die liefde in My, het lewe, gee lewe en maak lewendig.

[1.3.7] Dit alles sê die goeie gasheer en die spaarsame Vader vir al Sy kinders, sodat hulle hulleself moet verbeter, om eendag die erfenis, wat Ek vir hulle van ewigheid af so getrou berei en bewaar het, sal kan ontvang.

Desktop Kommentaar