Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.3.17] Jy moet en kan dit nou alreeds vrylik sê, of Ek vir jou ooit iets op ‘n sekere tyd genoodsaak het om te doen, en of dit dan nie altyd aan jou vrye wil oorgelaat was, om jou na My toe te begewe en om iets te vra, wat jy wou weet nie, en of Ek ooit ‘n vraag aan jou skuldig gebly het! En het jy vir My uit die hel gevra, dan het Ek vir jou geantwoord; en was jy op die aarde, dan het Ek met jou gepraat; en in die hemele het Ek met jou gepraat. Gedurende die dag en die nag is My oor steeds na jou gerig. Wat jy hier skryf, skryf jy tog net volgens jou eie tyd en wil, en vir My is dit altyd aanvaarbaar, en vir solank as wat jy wil, en hoeveel jy wil, en sien, met My is dit in orde! Daarom sê vir hulle heel getrou: Vir My maak dit nie saak nie; wanneer iemand na my toe kom, daar sal na hom geluister en hy sal aangeneem word!

[1.3.18] Sê dit vir die kinders, dat hulle tog nie die spot met My moet dryf nie, maar dat hulle dit moet ernstig opneem! Sê vir hulle, dat Ek deurgaans geen grapmaker is nie, nog minder enige grap verdra nie; want Ek bedoel dit ernstig met almal, met groot en klein, met jonk en oud, met manlik en vroulik. Geen uitsonderings word by My gemaak nie.

Desktop Kommentaar