Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.3.15] Sê vir hulle reguit en gewis: My liefde wag vir hulle, en My arms wil Ek nie eerder sluit, voordat hulle nie almal in my arms sal rus, waar hulle hulle liefdevolste, heilige Vader van aangesig tot aangesig sal aanskou en hul vreugdes nooit ‘n einde sal neem nie. Amen!

[1.3.16] Sê vir almal, wat My soek, dat Ek altyd by die huis is, nooit uitgaan nie, en dat Ek nie net sekere ure of tye gekies het, wanneer ‘n mens na My toe kan kom soos na die konings van die aarde en alle groottes van die wêreld nie. Dus nie net op die Sabbat of ander feesdae nie, maar elke minuut is vir My ‘n hart wat liefhet, aangenaam, en selfs in die nag het Ek nog nooit voor iemand die deur gesluit nie; dus wanneer julle ook al sal klop, wil Ek sê: “Komm binne!”.

Desktop Kommentaar