Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 22

[1.22.1] En nou kyk, toe het hulle geëet en vir ‘n tyd lank het hulle gedoen, soos wat dit vir hulle beveel was. Cahin het nou weer sy vrou herken en het met haar ‘n seun verwek en het vir hom die naam ‘Hanoch’ gegee, wat beteken ‘die eer van Cahin’. En Cahin het al sy kinders bymekaar geroep en gesê: “Kinders, kyk vir hierdie nuwe broer, wat die Here vir my as ‘n heerser oor julle gegee het, wat ek van hom sal maak, sodat daar orde onder julle sal heers en ‘n einde aan julle gestry en julle getwis sal kom. En hy sal vir julle gebooie gee en sal vir die wat getrou is, prys en die oortreders tugtig, sodat ook ons ‘n volk kan word, groot en vol roem, net soos die kinders van God, wat hierdie wette nie nodig het nie, aangesien hulle die liefde het, wat vir hulle vry maak, maar vir ons, as gevolg van my sonde, onder hulle voete geplaas het, wat vir ons sal vertrap, indien ons wat wette- en ordeloos is, nie iemand het, wat vir ons kan instaan en vir ons voor hulle groot mag kan regverdig nie.

[1.22.2] Sien, hulle God is ook ons God; maar hulle het in hom ‘n goeie Vader - maar ons het ‘n Regter! Die Vader ken hulle liefde, en Sy oë en ore is by hulle. Maar by ons is dit nie so nie. Ons is aan onsself oorgelaat en kan doen, wat ons wil; maar indien ons wil bestaan, dan benodig ons wette en ordelikheid. Andersins kan daar een die ander een na willekeur doodslaan, wanneer daar twis en geskille ontstaan, en dan sal die houer van geregtigheid voor die tyd vol word, en ons sal dan almal ten gronde gaan deur die groot gewig van die gruweldade wat op ons sal neerstort. Laat ons daarom almal kragtig saam staan en klippe bymekaar maak, groottes en kleintjies, en vir hom ‘n hoë vaste woning oprig, en vir elkeen van ons ‘n kleiner een in ‘n wye kring om die’ van hom, sodat hy oor almal se doen en late kan toesig hou en hulle dophou. Maar hy, as ‘n vors in julle midde, sal van enige werk vrygestel wees en moet eet van julle hande.

[1.22.3] Maar vir nou is ek as vader, in die naam van die geregtigheid van God, julle almal se wetgewer, en wee hom, wat teenoor my gebooie ongehoorsaam is! My vloek sal hom hard tref; maar dan sal daar geen barmhartigheid vir die vervloekte persoon in my hart, waar daar geen liefde meer is nie, maar net geregtigheid woon, wees nie.

[1.22.4] Sien, waar die liefde woon, daar is ook barmhartigheid, en daar geld liefde vir regverdigheid; maar waar daar net geregtigheid woon, daar kan net reg vir reg geld en oordeel vir oordeel, loon vir loon, getrouheid vir getrouheid, gehoorsaamheid vir die wet, oordeel vir ongehoorsaamheid, straf vir oortreding, vloek vir verraaiery en dood vir dood.

[1.22.5] En dit sal ‘n heiliging van hierdie my uitspraak wees, dat ek nou vir julle almal by die hemel en sy onverbiddelike geregtigheid en by die aarde, die harde woonplek van die vloek van God, sweer, dat elke oortreder skerp en presies getref sal word, deur wat ek nou hier, deur my mond as vader en as vors, vir julle meegedeel het.

[1.22.6] Maar dan kom julle broer as julle ware heerser en wetgewer volgens sy regverdige insig en vrye willekeurigheid, - daarom sal hy ook van die wet vrygestel wees, aangesien elkeen van sy vrye handelinge vir julle ‘n wet sal word en moet bly, totdat hy dit vir goed sal ag, om dit weer op te hef.

[1.22.7] Nou is my wil aan julle bekend, en daarvolgens handel en doen, indien julle deur wet en orde onder die streng geregtigheid wil bestaan, ter vermyding van die oordeel, wat andersins almal sal tref, indien daar nie in die wet oordeel vir oordeel bepaal sal wees nie.”

[1.22.8] En sien, toe het almal uitmekaar gegaan en het hard begin werk, om ‘n stad te bou, waaraan hulle sestig jaar lank gebou het. Aangesien die geboue dikwels inmekaar gestort het, het hulle baie tyd vir die bou van die woning van die nuwe vors benodig en kon dit eers voltooi, nadat Ek vir Hanoch in ‘n droom gewys het, hoe hulle moet bou, aangesien Ek vir die arme kinders jammer was, wat gedurende die bouery, deur die tot dusver baie geordende streng en wetlik korrekte Cahin aan veelsydige en erge mishandelings blootgestel was, wat nou sy familielede as ‘n tiran onder groot skrik en onder groot vrees en angs vir die strawwe sonder genade en barmhartigheid gelei het, omdat daar in hom geen liefde was nie, maar net regverdigheid en gehoorsaamheid teenoor al die wette, - maar hy het nie daaraan gedink nie, dat gehoorsaamheid, wat ‘n blote gevolg van te groot vrees is, eintlik tog nie in die allerminste graad gehoorsaamheid is nie, maar net eieliefde. Want wie vir homself lief het, die hou by die wet bloot uit vrees vir die versekerde strawwe wanneer daar oortree word, aangesien hy vir homself jammer is, wanneer hy die pyn van die straf in sy onbeholpe swakheid voel; maar indien hy ook net die geringste geleentheid vind, waar hy nie in sy hart dopgehou word nie, dan sal hy die wet en die wetgewer vloek en sal dit binnekort met die voete trap.

[1.22.9] En indien sodanige persoon die geleentheid het, om op enige wyse ‘n groter krag te versamel, dan sal hy dubbeld grusaam al die wette, mag hulle nou goed of sleg wees, aanval en sal hulle saam met die liefdelose wetgewer, vernietig. (NB. Dit moet ook deeglik deur alle leiers en wetgewers van hierdie tyd, in ag geneem word; want ook vir hulle wag dieselfde lot, indien hulle dink, dat vrees die enigste middel is, om wet en orde en hulle voordele deur die stom gehoorsaamheid van die slawe te handhaaf; andersins sal dit almal vroeër of later hard aanvoel, wat die vrugte van wette is, waar die oorsprong daarvan nie in die suiwerste, onselfsugtige liefde geleë is nie, hetsy hier op aarde of dan verseker in die hiernamaals.)

[1.22.10] Want sien, die rede hoekom Cahin so geregtelik wreed opgetree het, was omdat hy nie altyd volle genade en bereidwilligheid by My gekry het nie, elke keer wanneer hy na ‘n bose daad trane van berou gestort het. Dit kon Ek egter nie doen nie, aangesien sy berou net op die verlies van genade, maar nie op My liefde gerig was nie.

[1.22.11] En sien, wie so treur, die treur nie in ware diepte oor die verlies van die lewe nie, maar hoofsaaklik net oor die verlies van die gemaklike lewe; en sodanige berou is vals, aangesien niks vir hom aan die hereniging met My geleë is nie. En sou Ek dan ook vir hom gee, wat hy nie eintlik wil hê nie, dan sou hy net die dood deur die uitruiling van wil verkry, aangesien die vrye wil die eintlike lewe van die mens is.

[1.22.12] En sien, dit was ook die geval by Cahin, aangesien hy die liefde verban het en in plek daarvan die geregtigheid aangeneem het, sonder om te besef, dat sonder liefde geen geregtigheid bestaan nie, en dat die geregtigheid die hoogste liefde self is, waarsonder alles ten gronde sou gaan en noodwendig moes.

Desktop Kommentaar