Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.20.26] Toe vlug hy verder en verder teen die oggend en het in ‘n groot vallei aangekom; toe het hy uitgeput neergeval en het vir drie dae en drie nagte geslaap. Toe het ‘n sterk wind van die berge af opgekom, wat vir die slapendes wakker gemaak het en het verder oor die wye vlaktes gesuis en gebruis en het uiteindelik in die laagtes van die land, wat daar ‘Nhod’ of ‘droë bodem van die see’ genoem word, gaan lê.

[1.20.27] En Cahin het weer na die hoë kruine van die berge opgekyk, en hy het geen mans meer gesien nie; toe het hy nie geweet wat om te doen nie. Maar na ‘n kort rukkie het hy sy arms uitgestrek en het baie hard geskree: “Here, Jy die mees Regverdige, wanneer vanaf hierdie groot afstand my geskree nog Jou oor sal bereik, dan kyk genadiglik oor die kruine, ter wille van die kinders en my vrou, vir die gemerkte vlugteling deur die heiligheid van Jou oë, wat daar my voorkop met die nag van sonde gemerk het, sodat die misdaad nie aan my skoon voorkop herken kan word nie, wat daar op my voorkop, op die hande en die bors van die groot sondaar gemerk is, wie se sonde te groot is, dat dit ooit vir hom vergewe kan word.”

[1.20.28] En sien, toe het ‘n wolk van die hoë berge af gekom, sewe-en-sewentig manshoogtes bokant die vlugtelinge, en ‘n sterk stem het daaruit gepraat, en dit was die stem van Ahbel, wat daar gesê het: “Cahin, ken jy hierdie stem?”

Desktop Kommentaar