Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.20.25] En nou sien, toe het Cahin met sy familielede uit My aangesig gevlug tot ver anderkant Heden (Eden) na ‘n diep geleë land Nhod. Maar Heden was ‘n mooi land met klein heuwels, vol van die beste vrugte; Cahin het van die plek gehou, en hy wou hier bly. Maar toe hy na die heuwels opgekyk het, toe het hy orals ‘n man, met ‘n kwaai gesig, sien staan en wat met ‘n klip in sy hand bewapen was, asof hy vir Cahin wag, om aan hom vir sy misdaad wraak te neem; en hierdie verskynsel was ‘n gevolg van die groot vrees in hom. En hy het gesien, dat hy nie hier sal kan bly nie.

[1.20.26] Toe vlug hy verder en verder teen die oggend en het in ‘n groot vallei aangekom; toe het hy uitgeput neergeval en het vir drie dae en drie nagte geslaap. Toe het ‘n sterk wind van die berge af opgekom, wat vir die slapendes wakker gemaak het en het verder oor die wye vlaktes gesuis en gebruis en het uiteindelik in die laagtes van die land, wat daar ‘Nhod’ of ‘droë bodem van die see’ genoem word, gaan lê.

Desktop Kommentaar