Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.2.4] Vir My vriende en vriendinne sê: Hulle moet My dienaars en knegte nie meer liefhê as vir My nie! Hulle heil moet hulle nie so seer in hulle, maar eerder geheel in My hande plaas en ten volle aan My toevertrou. Want die dienaar moet streng volgens die gebooie handel, indien hy nie vir onwaardig bevind wil word nie; alleen die gewer van die wet staan bokant die wet en kan ook daaroor aanstel vir wie hy wil. Maar solank hulle onder die juk staan, is hulle geoordeel; maar wie na My toe kom, van hom af kan Ek die oordeel terugtrek.

[1.2.5] My kerk op aarde is ‘n reinigingsbad; wie hom gewas het, die kom na My, sodat Ek hom met die warmte van My liefde kan afdroog en vir hom behou. Maar wie net vreugde het, om te spat en te speel, met hom sal dit gaan soos die wiel van ‘n watermeul, wat nooit uit die water kom nie.

Desktop Kommentaar