Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

En sien, toe kom die Sabbat van die Here, en daarmee saam die tyd van offers. Toe neem Cahin, uit ergerlike traagheid op grond van die groot hitte, en omdat die volle gerwe vir hom te swaar was om na sy offeraltaar te dra, en omdat hy moeg geword het om die vrugte, waaruit hy driemaal vir homself brood kon gebak het, verniet te verbrand, tien gerwe, waarin daar geen vrugte meer was nie. En sodoende het hy met ‘n bose gesindheid die leë strooi op die altaar geplaas en dit aan die brand gesteek; maar sien, die rook het nie na die hemel opgestyg nie, maar het op die aarde geval, waaroor Cahin in sy hart nog meer kwaad geword het. – Die Huishouding van God, Boek 1, Hoofstuk 18, Paragraaf 6

Desktop Kommentaar