Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 18

[1.18.1] En nou sien, toe het die Engel na Ahbel gegaan en het hom broederlik gesoen en het vir almal aangeraai, maar in besonder vir Cahin, om streng gehoorsaam te wees, om eendag die volle vryheid en die daaruit voortspruitende krag en sterkte te herwin, wat daar is die groot mag en genade van die barmhartige Liefde, om die slang in hulle tot die ewebeeld van die Liefde te omskep en daaruit vrugte van seën te verwek, maar nooit weer vrugte van die toorn van God nie.

[1.18.2] En nou kyk, jy My dom skrywer en nog steeds baie verspotte, trae en lui kneg, en luister met beide ore, wat daar verder plaasgevind het. - En sien, toe gaan almal volgens hulle bestemming en het gedoen, soos wat die allerhoogste Liefde dit vir hulle beveel het, en het vir tien omwentelings van die aarde om die son in ordelikheid gelewe.

[1.18.3] Maar sien, toe op ‘n dag was dit ‘n baie warm dag, en die son het oor die hoofde van die kinders en op die liggaam van Cahin warmer gebrand as normaalweg, sodanig dat hy oor die groot hitte kwaad geword het en het vir die son gevloek; maar die kinders was geduldig en het hulleself met vars water gewas, wat hulle versterk en krag gegee het, en het ook daarvan gedrink en het daardeur hulle brandende dors geles en het vir God vir die groot genade geloof en geprys, dat Hy vir hulle die klein spruit, vir sulke tye van beproewing en nood volgens Sy ewige Liefde, behou het.

[1.18.4] En sien, nie ver van Cahin se hut, wat hy volgens sy insig uit die takke van bome opgerig het en met die strooi van die koring bedek het, het ‘n groot rivier gevloei, wat Ek uit die dieptes van die berge, wat nes die berge van die maan is, laat onstaan het, en wat daar in die middel van die groot land Ahalas (of ‘die wieg van die kinders van die swakkes en die nasate van Adam’, en is die ou land, wat julle vandag nog ‘Afrika’ noem).

[1.18.5] En sien, Cahin wou nie die water gebruik nie en het in die groot hitte lui en traag geword en het nie geweet wat hy moet doen nie, en het ook nie vir My om raad gevra nie, en nog minder sy broer Ahbel.

[1.18.6] En sien, toe kom die Sabbat van die Here, en daarmee saam die tyd van offers. Toe neem Cahin, uit ergerlike traagheid op grond van die groot hitte, en omdat die volle gerwe vir hom te swaar was om na sy offeraltaar te dra, en omdat hy moeg geword het om die vrugte, waaruit hy driemaal vir homself brood kon gebak het, verniet te verbrand, tien gerwe, waarin daar geen vrugte meer was nie. En sodoende het hy met ‘n bose gesindheid die leë strooi op die altaar geplaas en dit aan die brand gesteek; maar sien, die rook het nie na die hemel opgestyg nie, maar het op die aarde geval, waaroor Cahin in sy hart nog meer kwaad geword het.

[1.18.7] Maar terselfdertyd het ook die vrome Ahbel sy offer voor die oë van die Here aan die brand gesteek en deur en deur ontroer het hy gesê: “O Jy goeie, heilige Vader, wat vir my swakkeling met al Jou krag van Jou warm liefde deur die groot oog van jou son genadiglik kyk! Jou groot liefde brand wel my vel, maar my hart pols meer heftig vir Jou in hierdie groot warmte van jou onbeperkte liefde vir ons sondaars.

[1.18.8] Ag, destyds het Jou toorn die aarde gebrand, o Jehova; maar nou brand die liefde uit Jou, o heilige Vader!

[1.18.9] O hoe soet is hierdie warmte van die rein vuur van lewe uit Jou; dit is ‘n heilige skool, wat vir my eers moet voorberei vir die opname van die suiwer lewe uit Jou! O, hoe onbeperk goed moet Jy, heilige Vader, wees, aangesien Jy vir ons reeds op hierdie aarde so duidelik die onbegryplike grootheid van Jou groot genade laat aanvoel!

[1.18.10] Ja, hierdie vuur, wat ek vir Jou vanuit my swak liefde aangesteek het, hoe koud is dit teenoor Joune en hoe klein en donker teen dit, wat op ons onwaardiges uit Jou wye son skyn, wat daar ‘n klein druppel uit die onmeetbare see van Jou onbeperkte barmhartigheid is!

[1.18.11] Maar daarom neem genadiglik hierdie my klein offer van my vir ons almal as ‘n geringe pand van ons warm gemaakte liefde vir Jou, aan, Jy die allerbeste, allerheiligste Vader, en behou ons bestendig in Jou warm liefde, wat Jy nou vir ons almal uit genade uit Jou son laat aanvoel, amen.

[1.18.12] En alle mag en krag is bo alles, wat daar op aarde voor Jou is, Joune; en net Jy alleen is waardig, om alle prys, alle eer en alle roem van ons te neem, ons wat ons deur Jou groot barmhartige genade, Jou geseënde kinders mag noem, amen.”

Desktop Kommentaar