Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.17.3] Maar Adam mag nooit, vir die hele tyd van sy bestaan, sy hoof bedek nie as teken, dat hy die vader van julle vlees is, en dat julle hom altyd aan sy hoof moet herken en vir hom moet eerbiedig en vir hom altyd liefde betoon.

[1.17.4] Wee hom, wat dit ooit sal waag, om vir sy vader in enige iets tee te gaan! Vir hom sal Ek met kwaai oë aankyk; want die hoof van die vader is nes die heiligheid van God. Elkeen kan gehoor word, wanneer hy in sy hart berou beoefen; maar wie die geringste deel van My heiligheid aantas, vir hom sal die onblusbare vuur daarvan gryp en elke druppel van die trane van berou in hom verteer, en hy sal vir ewig vernietig word!

[1.17.5] Maar wie sy moeder met ‘n bose hart aantas en is teen haar liefde, vir hom wil Ek in al sy nood nie meer kyk nie. Want die moeder is nes die liefde in My; wie dit versmaai, sal op harde paaie, op die warm weë van Jehova, wandel.

[1.17.6] Dieselfde geld ook, wanneer een broer teen die ander is, dan sal hy My genade verloor, en My barmhartigheid sal ver van hom af wees; en wanneer iemand sy suster misken, vir hom sal My hart gesluit bly.

[1.17.7] Want julle broers is ook broers van My Liefde, en julle susters is die genot vir die oë van My Liefde.

[1.17.8] Daarom eer die vader, en wees lief vir jou moeder, en wees teen oor mekaar in alle liefde onderdanig, sodat julle My naam, Jehova, kan vrees, en sodat julle My Liefde kan liefhê en vir julle deur die groot heiligheid van My Gees op die dag van My groot heiligheid drievoudig kan laat lei, om sewevoudig die wysheid, vir die ses dae van liefde, te verkry, om regverdig voor My oë te kan optree.

[1.17.9] En nou moet jy, Ahbel, ook vir al jou broers verskillende ambagte leer, en elkeen iets anders, sodat hulle mekaar in liefde kan dien en in veelvoudige wysheid raad kan gee.

[1.17.10] En jy moet jou susters leer, om garing uit die gras en die plante te berei, en moet ook vir hulle leer, om dit in breë bande te vleg en om klere vir hulle broers en dan ook vir hulleself daarvan te maak, sodat die liefde in ordelikheid opreg behoue sal bly.

[1.17.11] Maar vir Adam, vir Eva en vir jou, wil Ek klere van bo gee, wat in kleur verskil, - vir Adam wit, vir Eva rooi en vir jou blou met geel some. Maar hierdie kleure mag niemand vir sy eie klere gebruik nie, en moet hulle hulle klere bont kleur; maar daar mag geen swart vlekke en ook geen skeurmerke daarop voorkom nie, - behalwe, wie daar gesondig het, moet sy klere skeur en moet dit met houtskool verf en moet as op sy hoof strooi as teken, dat hy ‘n sondaar is voor My en die kleed van genade geskeur het, aangesien hy homself met die kleur van ongehoorsaamheid besmeer het en die dood oor hom gekom het!

[1.17.12] Maar Cahin moet die mooiste suster, wat daar heet ,Ahar’ of ‘die skoonheid van Eva’, begeer, en moet saam met haar op die landerye trek en moet met die werktuie, wat hy reeds voorberei sal vind, vore in die aarde maak; hy moet dan korreltjies, wat hy in groot hoeveelhede sal vind, daarin plaas en moet die vrug ‘koring’ noem; en wanneer dit ryp geword het, dit wil sê die korrels vas en die are bruin is, dan moet hy die korrels sorgvuldig van die are skei en moet dit tussen klippe maal, en die meel moet hy dan met water nat maak en ‘n deeg daarvan knie; en die deeg moet hy daarna op ‘n warm klip plaas, en dan daarvan afhaal en dit die naam ‘brood’ gee; maar dan moet hy die brood neem, dit breek, God daarvoor dank, en dit dan met sy vrou Ahar geniet.

[1.17.13] En elke keer wanneer hy van sy landerye ‘n oes maak, moet hy die eerste tien gerwe vir My offer.

[1.17.14] Wanneer hy getrou teenoor My sal bly, sal Ek altyd met welgevalle sy offer van die aarde aanneem; maar wanneer hy vir My vergeet het, dan sal sy offer nie aangeneem word en nie na die hemel opstyg nie, maar sal by sy voete op die aarde bly.

[1.17.15] En so moet hy leef en sy geslag vermeerder; maar vooraf moet hy sy hart vir My driemaal offer en die hart van Ahar sewe keer. Indien hy dit nie sal doen nie, dan sal sy ontrouheid aan die dag kom, en hy sal boos word, en die slang sal deur hom lewe en daarna voort en voort in al sy dogters, wat daardeur mooier word van buite, maar des te meer lelik van binne, en sal al sy seuns vernietig en sal daarna met hulle gif die kinders van my Liefde aansteek en My seuns van My afrokkel.

[1.17.16] En op ‘n dag sal Ek sy geslag geheel en al van die aarde af verwyder! Sê dit alles vir hom met bedoeling, en herinner hom daarby aan My heilige naam Jehova en My dag, die Sabbat!

[1.17.17] Maar vir jou, my vrome Ahbel, wil Ek ‘n trop van saggeaarde diere wys en hulle vir jou gee om te wei. En die naam wat jy vir hulle sal gee, sal die regte naam wees; en wanneer jy hulle op hulle name sal roep, dan sal hulle vir jou as die herder herken en sal vir jou stem orals heen volg.

[1.17.18] En voortaan moet jy nie meer vir My vrugte, soos met die terugkoms van die berg van Jehova, maar die eersgeborenes van jou trop offer, wat daar is die mooiste en die suiwerste vrugte, wat Ek alreeds voorheen vir jou aangedui het.

[1.17.19] En jy moet eers dun houtjies dwars oor die vuurherd plaas, dan die bloedige offer daarop plaas, dan vir My dank en dan die vuur, wat Ek vir jou gewys het, soos wat dit in die klip is, en jy dit daar volgens My raad moet uithaal, aansteek.

[1.17.20] En as teken, dat jou offer vir My welgeval, sal die rook daarvan altyd vinnig opwaarts na die hemel styg, as of dit baie haastig is. Maar die as, wat jy met een klip moet bedek, moet jy vir drie dae lank op die altaar laat lê; maar op die derde dag moet jy gaan en die klip vanaf die as verwyder, en sien, ‘n mooi voël met glansende vere sal uit die as opstaan en op na die hemel toe vlieg. En dan sal ‘n wind opkom en die as in alle rigtings van die aarde uitmekaar waai, vir die toekomstige opstanding van alle vlees, wat daar is die werke van ware liefde deur die wysheid van die heilige Gees, wat vir die kinders in die tyd van die groot tye en alle vreemdelinge gegee sal word, wat daarna sal verlang.

[1.17.21] In die oggend, gedurende die middel van die dag en in die aand moet julle saam eet, - maar altyd baie matig en steeds in groot vrees vir die Here, nadat julle vir Hom altyd voor en daarna gedank het, sodat die voedsel geseën is en daardeur die dood daarvan weggeneem word.

[1.17.22] Wanneer iemand dit ooit sal vergeet, sal hy binnekort die bose gevolge daarvan gewaar word. Wie dit driemaal sal vergeet, vir hom wil Ek met ‘n lang slaap straf; maar wie dit as gevolg van luiheid nie sal doen nie, sal so dik word soos ‘n os en vet word soos ‘n vark en dom soos ‘n esel, en die kinders sal uit volle keel oor sy aaklige vorm vir hom spot en lag. En wanneer hy weer soos die gehoorsames wil word, dan sal hy baie moet vas en droë brood eet.

[1.17.23] Maar wie dit nie sal doen as gevolg van ‘n halsstarrige ongehoorsaamheid en uit minagting van hierdie My maklike gebod van liefde vir julle, oor hom sal die begeerte van ontug en alle hoerery kom, aangesien hy maklik in sonde sal verval en daardeur in die dood en hy sal ‘n groot geveg moet deurstaan, om die sterk slang van versoeking van Eva te beveg, en Ek sal nie eerder vir hom kyk, alvorens hy nie in groot berou ‘n oorwinning oor sy vlees behaal het nie.

[1.17.24] In die oggend moet julle vrugte van die bome eet; maar in die middel van die dag moet julle van die boom van die lewe eet; en in die aand moet julle melk en heuning drink, wat Ek vir julle op die takke van die bome deur baie diertjies uit die lug van die hemel sal laat versamel, wat julle ‘Celie’ moet noem (wat julle vandag ‘bye’ noem). Maar die naam ‘Celie’ beteken, ‘die bekommernis van die hemel’. En op die derde dag voor die Sabbat moet julle ‘n skaap slag, dit reinig van die bloed, dit dan gedurende die dag op die vuur uit die klip braai en dit in die aand vrolik geniet.

[1.17.25] En ook Cahin en sy vrou Ahar moet na julle toe kom en saam met julle die vleis van die saggeaarde diere te eet; maar andersins moet hy op die lande bly en sy brood en die vrugte daar eet.

[1.17.26] En nou weet julle alles, wat vir julle noodsaaklik is. En wanneer daar oor die aarde ter versterking daarvan ‘n koue tydperk sal kom, dan sal Ek van bo vir julle, vir Adam, Eva en vir jou, klere van skaapvel stuur; maar die velle van die skape wat vir die aandetes geslag is, moet jou broers versamel en dit in die son laat droog word en hulle bewaar ter bedekking van hulle liggame in die koue tyd volgens die voorbeeld, wat Ek vir julle van bo af sal stuur. En wanneer die velle droog word, dan moet hulle dit sewe keer in vars water was, waarna die velle dan sag en rein word, heel geskik vir goeie gebruik.”

Desktop Kommentaar