Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Maar Cahin moet die mooiste suster, wat daar heet ,Ahar’ of ‘die skoonheid van Eva’, begeer, en moet saam met haar op die landerye trek en moet met die werktuie, wat hy reeds voorberei sal vind, vore in die aarde maak; hy moet dan korreltjies, wat hy in groot hoeveelhede sal vind, daarin plaas en moet die vrug ‘koring’ noem; en wanneer dit ryp geword het, dit wil sê die korrels vas en die are bruin is, dan moet hy die korrels sorgvuldig van die are skei en moet dit tussen klippe maal, en die meel moet hy dan met water nat maak en ‘n deeg daarvan knie; en die deeg moet hy daarna op ‘n warm klip plaas, en dan daarvan afhaal en dit die naam ‘brood’ gee; maar dan moet hy die brood neem, dit breek, God daarvoor dank, en dit dan met sy vrou Ahar geniet. – Die Huishouding van God, Boek 1, Hoofstuk 17, Paragraaf 12

Desktop Kommentaar