Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 17

[1.17.1] En toe hy nou die woord van God noukeurig nagekom het, en van daar weer na sy familielede teruggekeer het, wat vir hom met verlange in hulle harte verwag het, en ook daar die offer volgens die aanwysing van die ewige Liefde verrig het en nou vir Adam die leë houer volgens die manier en betekenis, soos wat dit vir hom beveel was, oorhandig het, toe spreek die ewige Liefde weer deur die mond van die Engel en sê:

[1.17.2] “Ahbel, jy baie gehoorsame seun van My geseënde barmhartige liefde, vir jou benoem Ek nou tot priester en leraar van al jou broers en susters en as troos vir jou ouers. En dus sal jy op elke Sabbat oggend, wanneer die son opkom, ‘n offer van die mooiste en reinste vrugte bring, wat Ek later nog presies sal aanwys, en moet hulle in die aand wanneer die son ondergaan, met die vuur van liefde aan die brand steek, wat Ek vir jou sal wys, soos dit in ‘n natuurlike klip verborge is, en hoe jy dit altyd daaruit kan kry! En jou hoof moet jy nie vanaf middernag tot weer die volgende middernag bedek nie, sodat jou hoof vir die ontvangs van My groot genade vry sal wees; maar al jou broers moet hulle hoofde eers in die oggend ontbloot en moet dit weer in die aand bedek. Maar die susters van jou liggaam moet hul aangesigte en hul hoofde vir die hele heilige dag lank bedek; net Eva mag gedurende die middel van die dag driemaal na die altaar van God kyk.

[1.17.3] Maar Adam mag nooit, vir die hele tyd van sy bestaan, sy hoof bedek nie as teken, dat hy die vader van julle vlees is, en dat julle hom altyd aan sy hoof moet herken en vir hom moet eerbiedig en vir hom altyd liefde betoon.

[1.17.4] Wee hom, wat dit ooit sal waag, om vir sy vader in enige iets tee te gaan! Vir hom sal Ek met kwaai oë aankyk; want die hoof van die vader is nes die heiligheid van God. Elkeen kan gehoor word, wanneer hy in sy hart berou beoefen; maar wie die geringste deel van My heiligheid aantas, vir hom sal die onblusbare vuur daarvan gryp en elke druppel van die trane van berou in hom verteer, en hy sal vir ewig vernietig word!

[1.17.5] Maar wie sy moeder met ‘n bose hart aantas en is teen haar liefde, vir hom wil Ek in al sy nood nie meer kyk nie. Want die moeder is nes die liefde in My; wie dit versmaai, sal op harde paaie, op die warm weë van Jehova, wandel.

Desktop Kommentaar