Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Gaan daarna op jou knieë, dank God, totdat die vlamme van die swaard sal blus, en die swaard in ‘n doringbos met rooi en wit bessies sal verander; pluk dan van die bos drie wittes en sewe rooies, en keer dan na jou familielede terug! En wanneer jy na veertig dae weer huis toe sal kom, dan moet jy vir My, soos wat jy dit in die Paradys vrywillig gedoen het, ‘n offeraltaar oprig; plaas koring en vrugte daarop en steek dit met die vuur van jou liefde aan die brand, wat Ek vir jou van bo met ‘n groot weerlig sal stuur. – Die Huishouding van God, Boek 1, Hoofstuk 16, Paragraaf 8

Desktop Kommentaar