Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 16

[1.16.1] En sien, toe het hulle opgestaan het gegaan, daar waar die groot boom tussen die oggend en die middag gestaan het, gesien van die plek, waar Cahin hom bevind het, wat tussen aand en middernag geleë was, en het na die ander teruggekeer, waar almal nog op die aarde gelê en getreur en geween het.

[1.16.2] En toe hulle nou heeltemal by hulle was, het Ahbel vir Cahin gesê: “Kyk hier na die groot hoeveelheid vrugte, wat daar is die ware vrugte van berou en treur; buk daarom af na hulle, en versadig vir jou, en les jou dors!”

[1.16.3] En toe Cahin nou gewillig gedoen het, wat sy broer vir hom deur My aangeraai het, sien, toe begin hy met ‘n groot klaagstem te huil, en uit sy oë het strome trane van groot berou gestroom.

[1.16.4] En sien, die berou en treur was vir die ewige Liefde aangenaam; en Sy het deur die mond van die Engel tot die vrome Ahbel gespreek, wat ook in trane van medelye was, waaraan die Liefde in volle maat ‘n welgevalle gehad het, en het gesê:

[1.16.5] “Ahbel, seënvervulde seun van liefde, tree nader tot Adam en Eva, die ouers van jou liggaam, en tel hulle op en wys vir hulle die boom van die lewe, wat Ek vir julle as voedsel vir julle liggame tydelik en ook vir die versterking van julle liefde in die toekoms, geseën het!

[1.16.6] En sê vir Adam, dat hy met nuwe krag sy kinders moet optel en vir sy kinders die brood van die boom van lewe moet gee om te eet, ter versterking van hul liggame en hulle liefde; en sê vir Eva, dat sy na Cahin toe moet gaan, vir hom moet optel en vir hom na Adam toe moet bring; en Adam moet vir hom die linkerhand gee, om sy regter hand te neem, en moet dan sy regter hand op die hoof van Cahin plaas en moet vir hom drie maal in sy gesig blaas en moet vir hom sewe keer vanaf die aarde af optel; en op die’ wyse sal Cahin, volgens sy getrouheid, geskik raak vir die geleidelike opname van die seën vanuit My.

[1.16.7] En jy, Ahbel, neem die swaard in jou regter hand, en volg vir My ver weg van hier af in die rigting van die môre, op ‘n hoë berg in die groot woestyn! Daar sal jy ‘n opening vind; plaas die swaard met die hefkant daarin, sodat die skerp punt na die hemel wys, en dat die twee vlammende snykante, die een na middag en die ander een teen middernag wys.

[1.16.8] Gaan daarna op jou knieë, dank God, totdat die vlamme van die swaard sal blus, en die swaard in ‘n doringbos met rooi en wit bessies sal verander; pluk dan van die bos drie wittes en sewe rooies, en keer dan na jou familielede terug! En wanneer jy na veertig dae weer huis toe sal kom, dan moet jy vir My, soos wat jy dit in die Paradys vrywillig gedoen het, ‘n offeraltaar oprig; plaas koring en vrugte daarop en steek dit met die vuur van jou liefde aan die brand, wat Ek vir jou van bo met ‘n groot weerlig sal stuur.

[1.16.9] Maar neem dan ‘n bietjie klei van die aarde, knie dit deeglik, en maak ‘n houer daarvan, wat aan die bokant wyd en aan die onderkant nou is, nes die hart in jou. Hierdie houer moet jy met skoon water volmaak, en plaas dit dan op die vuurherd van Jehova by die offervlam van die liefde. En wanneer die water begin om te kook, neem eers die wit bessies en plaas hulle in die kokende water; na ‘n rukkie doen dieselfde met die sewe rooies. En wanneer jy sien dat al die bessies sag geword het, haal dan die houer van die vuur af, neem die sagte bessies volgens die volgorde, soos hulle in die houer geplaas is, weer met die regter hand uit, en plaas hulle in die linkerhand, laat hulle daar afkoel, en eet hulle dan volgens die bekende volgorde; neem dan die houer met die water, waarin die bessies van die swaard gekook is, en gooi dit uit op die vuurherd van Jehova, en oorhandig dan die leë houer aan die vader van jou liggaam.

[1.16.10] En die bessies sal vir jou in die wysheid en in die liefde versterk, en die water sal die vuur van die liefde versag; maar die houer moet vir Adam en al sy nasate ‘n duidelike teken bly, soos wat hulle harte gevorm moet wees, uitgekook met die water van die barmhartigheid, waarin vrugte van geregtigheid deur die vuur van liefde sag geword het, as voedsel vir die kinders van seënliefde, en dan vry geword het vir die opname van die gees van die heiligheid van God.

[1.16.11] En nou gaan en doen presies dit, wat Ek, die ewige Liefde, vir jou beveel het! En nadat dit alles voltooi sal wees, dan sal Ek weer met jou en jou familielede deur die mond van My Engel praat, wat ‘n gerub of die mond van wysheid en liefde van die heilige Vader is. En nou gaan en doen!”

[1.16.12] En nou sien, toe doen Ahbel, wat aan hom opgedra was, en het van sy familielede af weggegaan, nadat hy eers aan die vader van sy liggaam die seën, volgens My geheime wil, wat vir hom duidelik gemaak was in sy hart, oorgedra het.

[1.16.13] En Adam het hom weenend omhels, en Eva het hom bedroef teen haar hart vasgedruk, en al sy broers en susters het hom vriendelik die hand gegee vir die kort afskeid in opdrag van Jehova, en ook Cahin het gekom en het vir hom sy regter hand gegee en het voor hom tot op die aarde gebuig; en op die wyse het Ahbel onder wedersydse seënwense en met ‘n groot seën van bo vertrek, en was deur die Engel van die Here begelei.

Desktop Kommentaar