Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.15.7] En sien, so het die slang verder gepraat: ‘My vleis sal jou nie in jou onregverdige skuld voor God vernietig nie, en my bloed sal vir jou ‘n nuwe wesenlikheid sonder skuld verskaf, toegerus met alle mag en krag!’ Toe raak die slang stil, en ek het dit gegryp, verskeur en opgeëet, soos jy so pas gesien het!”

[1.15.8] En sien, toe raak Ahbel bewoë en het met die regterhand die swaard van geregtigheid oor die hoof van Cahin geswaai; en vir Cahin was die oë oopgemaak, en hy het sy groot onreg ingesien, waar hy vir God en sy ouers beskuldig het, en het al die skuld in homself raakgesien en het die onverstaanbare weë van die ewige Liefde in haar geheime en onbeperkte wysheid gesien en het gesien, hoe hy die verleidende slang self was, wat deur die onbeperkte barmhartigheid van die ewige Liefde deur hom ‘n mens geword het, sodat sy, natuurlik deur middel van ‘n groter beproewing, in die toestand van ‘n tydelike seënlose swakheid, juis van daardie swakheid moes bewus word en om hom dan in die toestand van sy bewuste swakheid, uiteindelik en deur eie oordeel in die volle vryheid van sy wese, tot die Here van alle mag en krag sal kon wend en moes, waar hy dan ook, nes die reeds geseëndes, die seën en hertoelating tot die groot genade van die allesbarmhartige Liefde en die grootste volheid van mag en krag sou ontvang het.

[1.15.9] En hy het gesien, dat hierdie slang, wat hy so pas geëet het, in sy nog bose deel hyself was, en het gesien, dat hy dit net deur sy woede in sy teruggekeerde wesenlikheid op die aarde uitgeasem het en dat die woorde van die slang sy eie was, afkomstig uit die binnenste fondament van sy oerwese, wat reeds sy bestaan gehad het nog voor die skepping van alle sigbare wêrelde en die materie.

[1.15.10] En hy het nog gesien, dat hy daardeur die slang weer in homself opgeneem het, of dat hy hom eintlik self van voor af in alle boosheid en al die valshede wat daaruit voortgaan, bevestig het, en het gesien, hoe diep hy van vooraf in die dood geval het.

[1.15.11] Toe val hy, aangegryp deur groot berou, op die aarde neer en ween en roep met ‘n harde stem: “Groot, oormagtige, oorsterk en oorheilige God! Nou erken ek vir die eerste keer my oneindige skuld en swakheid voor Jou, Jou regverdigheid, maar ook Jou onbeperkte Liefde!

Desktop Kommentaar